Your body never lies

Be kind to yourself. You are all you’ve got.
(With apology to Janis Joplin)

Karina Magdalena

K is for KarinaA while back, I spoke to a friend about the phrases ‘to handle something’ or ‘to have a grip on something’ in connection with the physical ability to hold, handle, or have a grip on something as a manifestation of an emotional and psychological capability.

Another friend once told me: your body never lies. She was adamant that we have to listen to our bodies in order to keep our minds and souls healthy.

A pain in your hands or arms could be a true psychosomatic symptom of your lack of grip on life. You are no longer capable of handling things. Metaphorically, something is slipping through your fingers and you are in no position to stop the process.

I can no longer move my right arm without experiencing pain. In fact, I am in constant pain no matter what I do. I type and write through pain. My body…

View original post 407 more words

Geluk is iets binne jouself! Regtig?

Geluk is eintlik ‘n baie eensame ding. Ons mensdom is op ‘n snaakse manier tóg uitgelewer aan mekaar. Ons is nie altyd verantwoordelik vir ons eie geluk nie, geluk is nie altyd iets wat van binne jouself kom nie soos die self-help gurus graag aan ons wil voorskryf nie.

Hoeveel clichès kan in een sin soos hierdie voorkom? Happiness comes from within and is found in the present moment by making peace with the past and looking forward to the future. Hierdie woorde van Doe Zantamata kon net so wel deur ‘n word generator opgeklits gewees het.

Hierdie uitgelewerdheid aan mekaar beteken glad nie dat ons afhanklik is van ‘n ander se goedkeuring vir ons gedrag nie, dis eerder ‘n baie diep vorm van jouself deel, om onvoorwaardelik jou ondersteuning te kan gee en ook van daardie selfde persoon te kan steun vra en aanvaar. Daardie mens van wie jy kritiek kan aanvaar, wat vir jou kan lag en by wie jy kan huil, sonder oordeel, sonder enige kwaadwilligheid. By wie jy broos kan wees, maar ook jou trots kan deel.

Interafhanklikheid, uitgelewerdheid – Yin en yang, gee en neem, so gebalanseer soos lig en donker, die warm en koud in my avatar. As daardie balans versteur word, verdwyn die lig in ‘n mens se oë, jou spieël weerkaats nie meer die lig wat jy aan ander kan bied nie.

“The soul, fortunately, has an interpreter – often an unconscious but still a faithful interpreter – in the eye.”
― Charlotte Brontë, Jane Eyre

Dikwels voel ons ‘n leemte in onsself, ‘n diep verlange na iets of iemand wat jy nie ken nie. ‘n Verlange na self, jou volledige self. ‘n Verlange na die lig in jou hart wat deur jou oë skyn.

“Then love knew it was called love.
And when I lifted my eyes to your name,
suddenly your heart showed me my way”
― Pablo Neruda 

Die wind waai my naam

Soms huil die wind my naam, soms streel ‘n sagte seebries my siel. My menswees is soos die wind – jy kan dit nie sien nie, maar jy kan dit voel aan die verwoesting wat dit soms kan saai, of die sagte streling oor ‘n lyf.

Die wind bring wolke en stuur die reën, die wind waai stof maar heel my siel.

Die wind waai my naam. Soms in ‘n donker dans, soms lig en laf. Maar altyd, altyd in pas met myself.

Homer Winslow crop

Wish me well, say goodbye
I’ll never tell I saw you cry
Understand you’re not to blame
It’s just that the wind, the wind knows my name

And it’s calling me
Calling me
Calling me again

I think that you knew right from the start
There was this restlessness in my heart
It’s a feeling that I have tried to tame
But it’s hard when the wind, when the wind knows your name

And it’s calling me
Calling me
Calling me again

It’s a cruel wind that tears us apart
But a worse thing is a tired and bitter heart

So dry your eyes, no more tears
Hold me once and I’ll walk out of here
Who knows one day we’ll meet again
But don’t wait for me ‘cause the wind knows my name

And it’s calling me
Calling me
Calling me again

Yes it’s calling me
Calling me
Calling me again

Fairground Attraction – The Wind Knows My Name

Stories with strawberry jam and clotted cream

Sleutelwoorde

,

Daar is net iets aan hierdie vrou. Haar storie raak my ongelooflik diep en ek gaan luister elke moontlike geleentheid waar sy praat. Dit raak saggies aan my hart en sny diep in my siel.

Karina Magdalena

In the night of 9 February 2016, on the twelfth anniversary of my first arrival in Cape Town, I dreamt that I was in a hospital. In my dream, André died there. A few days later I came to pick up his belongings, but no one was willing to assist me. They shoved me around the place, ignoring my distress. I felt desperate, lost. I wanted to take care of his possessions but nobody was keen to help me. And then out of the blue someone offered support. I woke up, relieved.

I signed the contract for my memoir about the relationship I had with André, The Fifth Mrs Brink, that morning. Afterwards, I returned home to find that our grandfather clock had stopped working without any apparent reason. I got it going again, but both the dream and the silent clock disturbed me.

In the late afternoon, on my way…

View original post 627 more words

My huis lewe! Regtig?

Alhoewel die helfte van die gebou wat ons huis noem al ‘n middeljarige 70-jarige is wat steeds rotsvas staan, is die gedeelte waarin ons woon maar ‘n blosende bruid van 24.

Na 24 jaar, is sy ‘n lewende entiteit, ‘n entiteit was asemhaal, soms houterig kraak onder die Noordwestewind se druk en dikwels ‘n traan stort. Haar trane is taai, gommerig en drup van tyd tot tyd op die meubels of die mat. Selfs eenmaal op my sleutelbord.

Ek glo maar dat hierdie goue stukkies gom iets positiefs en lewendigs uitstraal, om ons te wys op die skoonheid in die klein dingetjies om ons. Dit het my ook bewus gemaak van die interafhanklikheid tussen mens, objek en natuur. Iewers in hierdie foto’s is daar die allefynste spinnerakkie ingeweef – Die huis se trane wat lewe onderhou.

Jou huis is ‘n refleksie van wie jy is. Dit ontbloot jou passies, jou persoonlikheid, jou verstrengeldheid en vasklou aan die verlede en jou hoop vir die toekoms. Jou huis vibreer van energie en gedy op liefde en warmte. Kyk maar wat gebeur met ‘n huis wat leeg staan. Kort voor lank verkrummel dit en sak inmekaar, sonder dat daar noodwendig fisieke skade aan gedoen word. Sou ons kon aflei dat ons eie chi (lewensenergie) daardie lewe in ons huise voed? Hoe anders bly ‘n stukkie plank aan die lewe nadat dit ‘n kwarteeu gelede iewers afgesaag is? Sou daardie plankie steeds gomtrane drup as hy in ‘n onbewoonde huis tussen stof en spinnerakke gelê het?

My religion consists of a humble admiration of the illimitable superior spirit who reveals himself in the slight details we are able to perceive with our frail and feeble mind. – Albert Einstein

Om in La La Land te leef

Sleutelwoorde

,

Mense het al meer as een maal vir my gesê ek leef in La La Land, terwyl ek myself sien as ‘n praktiese en veral pragmatiese mens. As dit as ‘n belediging bedoel was, het ek nuus vir daardie mens! Nadat ons vandag La La Land gesien het, woon ek graag daar en sien ek dit voortaan as ‘n kompliment.

La La Land was barstens toe vol kleur en klank en die musiek spoel oor jou soos groot borrels, maar daar is ‘n onderliggende melancholie. Drome en realiteite, menslike tekortkominge bly in pas met die karakters, anders as die oënskynlike vrolikheid met die kleurvolle rokkies en danspassies.

Dit was ontvlugting van die verskrikking van al die wêreldgebeure op die oomblik, maar ontvlugting terug na die realiteit. Drome het ‘n prys. Moderne sprokies het nie meer ‘n prins en prinses wat ewig en gelukkig leef nie, en die nagtegaal se klanke slaan soms dof deur.

Daar het ‘n meisietjie van omtrent 12 langs my gesit en haar so ingeleef in die storie, en kort-kort in ademlose verwondering iets vir hierdie vreemde tannie gefluister. Ek het gehoop ek kry na die fliek kans om met haar te gesels, ek sou vir haar wou sê: Werk hard en hou aan droom. Dis enetjie wat die fliek verstaan het, wat benoud was toe dinge nie loop soos sy in haar romantiese meisiekindkop saamdroom nie. Wat fluister, sy wil ook na daardie plekke toe gaan. Dit het my half hartseer gemaak om te dink hier sit ek, ek kan vir haar vertel ek was inderdaad al in Hollywood in Los Angeles CA, Parys en Boulder City NV waar die fliek afgespeel het, waar haar jong gemoed heen hunker.

Werk hard en hou aan droom, vreemde dogtertjie, ek weet jy sal eendag plekke gaan, dinge doen en beleef, teleurgestel word, maar hou aan droom en leer en leef. Ons het almal ‘n La La Land. Vind joune.

Related image

Here’s to the ones who dream, foolish as they may seem. Here’s to the hearts that ache. Here’s to the mess we make. She captured feeling, sky with no ceiling, the sunset inside with rain. Here’s to the ones who dream, foolish as they may seem. Here’s to the hearts that ache. Here’s to the mess we make. (Mia, singing)

Seesand help vir alles! Regtig?

Regtig. Prentjies in die sand is my ding. My Intro op Facebook is immers: Trisa se voete is vol seesand en sy teken prente in die sand wat waar word… Voete in die seesand is wat my troos, wat my krag gee as ek moedeloos is, my energie gee as ek lusteloos voel. Dit maak iets in my wakker, Kundalini wat loskom en opspiraal, totdat ek één voel met alles, waar sand en water een is en ek deel word daarvan. Dan word ek lig.

Vroeër jare het vrouetydskrifte subtiel van ekstase gepraat as hulle eintlik orgasme bedoel. My woordeboek beskryf ekstase as ‘n toestand van abnormale blydskap, vreugde, vervoering, of verrukking. In een van Elsa Joubert se heel eerste boeke, moontlik Suid van die wind, het sy ‘n oomblik van ekstase so goed beskryf, dat ek dit maklik herken het toe ek dit vir die eerste keer ervaar het, op 1 September 2002. ‘n Oomblik wat ek nooit weer sal vergeet nie. ‘n Psigiese orgasme. My eerste Oomblik van Ekstase, die oomblik toe my hart en my siel en my lyf bymekaar gekom het, op dieselfde frekwensie vibreer het. Ek was een met myself.

Vanoggend het ek wakker geword met die reuk van kelp, die sagte geruis van ‘n kalm see en ek het geweet, my voete moet in die seesand kom. Vir meer as ‘n uur het ek net met my voete in die water gestaan, my sinne bedwelm, een met my oerself.

The ocean connects me. To myself, to you and to the Universe.

12400721_10153763699265396_8630751937990311130_n

What are brief? today and tomorrow.
What are frail? spring blossoms and youth.
What are deep? the ocean and truth.

Christina Rossetti

Tot die dood ons skei – Regtig?

Elke verhouding of huwelik het ‘n rakleeftyd. Sommiges se vervaldatum is sommer knap na die blinkoogbloeiselbruid haar Facebookstatus verander het na Married en ander se vervaldatum is eers lank na die afsterwe van een van die twee.

Soos elke produk op die kosrakke, is die vervaldatum verskillend, afhangend van die bestanddele, die hoeveelheid preserveermiddels en die metode van vervaardiging. Sommige souse is van soveel chemiese goed aanmekaargeflans, dat dit jou mond kan brand, maar niks van waarde toevoeg tot jou kos nie. Daardie bottel kan in jou koskas staan totdat daar ‘n taai ring om hom is en die sous verkleur, maar hy is steeds bruikbaar al dra dit geensins by tot jou gesondheid nie. Dan kry jy weer goed wat jy kan eet soos hy van die boom af, of uit die grond uit kom. Dit is daardie vrugte en groente van jou verhouding of jou huwelik wat net ég is, wat rég is, wat net eenvouding werk, die heilsaamheid vanself.

Die beste kokke gebruik eenvoudige bestanddele, ‘n kombinasie van net ‘n paar goed wat saamgevoeg soveel meer is as die somtotaal van die individuele smake. En die oomblik wat daardie bestanddele mekaar tref, kan die kok maar met ‘n vingerpunt proe, opkyk en met die skoongelekte vinger beduie – ja, dit werk!

Dan is dan natuurlik ook die ding van wat jy maak met wat jy het. Die nederige eier lyk en smaak totaal verskillend as jy romerige roereier maak, ‘n kookeier of ‘n pofomelet. Selfs ‘n gebakte eier is totaal anders as jy hom sunnyside up maak, of op hoë hitte omdop en platdruk, totdat die botter bruinerige rante braai. As jy jou huwelik soos ‘n doodgewone eier hanteer, kan hy vir jou ‘n wonderlike verskeidenheid bied.

Hou jy van rou eier? Wat van ‘n leksel bakpoeier op jou tong? Altemit ‘n koppietjie droë meel? Het jy al ooit geproe hoe bitter is kakaopoeier net so?  Dit sit mos so in jou verhemelte vas. Die gladheid van die halfkoppie olie? Maar gooi hierdie klomp slegte goed bymekaar, sit hom in die oond, en siedaar, ‘n lekker tjoklitkoek. Jy moet net weet hoe om te meng en te bak. Soms volg jy die resep noukeurig, maar die koek val plat, sit in die pan vas of bak sommer net skeef met ‘n bittergebrande kors. Die ander snaakse ding is dat jy met dieselfde bestanddele (in die regte verhoudings) soveel verskillende goed kan maak – dit bly maar eiers, botter, meel en  melk  – en jy kan ‘n scone kry, of ‘n pannekoek, of ‘n lekker tjoklitkoek!

Die Heilige Huwelik. Die chemiese konkoksie, die alchemie van cuisine wat soos ‘n kunswerk lyk en soos die hemel smaak, of ‘n doodgewone heilsame bruinbroodbroodjie wat jou maag volmaak. Vir elke mens beteken dit iets anders, want elke mens kook anders – ook in die kombuis.

 

‎”This is my advice to people: Learn how to cook, try new recipes, learn from your mistakes, be fearless, and above all have fun”-Julia Child

“Banish the onion from the kitchen and the pleasure flies with it” – Elizabeth Robbins Pennell

‎”You don’t have to cook fancy or complicated masterpieces – just good food from fresh ingredients”– Julia Child

We are the future

Sleutelwoorde

Ouma, wat is fout? 

Niks, Kiara, Ouma is net baie moeg. 

Ek weet hoekom, Ouma! Dis jou future in jou hart wat jou moeg maak. 

My future in my hárt? 

Ja, Ouma! Maar ek moet eers verduidelik van nature, dan sal Ouma verstaan. 

Ja? 

Ja, Ouma. Ons lywe is nature, ons is deel van nature, maar ons léwe is nie nature nie, net ons lywe. Lewe is iets anders as ons lywe. En nature het vir die future gesê jy gaan moeg wees vanaand, maar net in jou hart. 

Waar lees of hoor jy van hierdie goed? 

Ek het dit self uitgedink, Ouma. Met my brein. Verstaan Ouma nou? 

Ek ken myself! Regtig?

Elke mens het ‘n paar selwe:

  • Soos jy jouself sien of beleef. Jou selfbeeld, of dit wat jy van jouself dink, die mens wat jy dink jy is.
  • Soos ander jou sien en beleef. Jou naastes, jou kinders en jou partner sien jou natuurlik anders as mense in jou werksituasie, want jy tree anders op daar. Openbare figure het ook ‘n openbare beeld wat sekerlik verskil van die mens wat jy by die huis is.
  • Dan is daar jou virtuele self. Ek het bv al voorheen ‘n blog gehad met ‘n totaal ander persoonlikheid as my eie. So was ek ‘n ander mens, watter deel van daardie persona was ‘n deel van myself?
  • Die mens wat of wie jy werklik is. Die mens wat IS, wat die manifestering van jou gedagtes is. Die een waar jou hart volgens die ou Egiptenare na jou dood geweeg word wat ligter as ‘n veer moes wees.

Die groot vraag is seker hoe ons hierdie verskillende Selwe leef en beleef, met die ideaal dat al hierdie Selwe so na as moontlik aan mekaar is.

Elke mens wat Egipte toe gaan, bring seker sy eie stukkie papirus saam, en hierdie een was in 1999 absoluut my eerste keuse, die onderste een waar die weighing of the heart seremonie deur die god Anubis gedoen word, en deur Thoth opgeskrywe word. Ek wou dit hê as simbool om altyd te poog dat my hart so lig sal wees as ‘n veer, dat my gedrag ‘n manifestasie is van my gedagtes. Dit lol maar, maar ek probeer. Die een waar Akhenaten en Nefertiti onder die son sit wat hulle aanbid, het vir my maar net die gedagte gelaat dat die son wyd genoeg skyn vir ons almal. Ongeag.

15303897_10154659340105396_823887325_o.jpg

The ancient Egyptians believed that, when they died, they would be judged on their behaviour during their lifetime before they could be granted a place in the Afterlife. This judgement ceremony was called “Weighing of the Heart” and was recorded in Chapter 125 of the funeral text known as the “Book of the Dead“.

The ceremony was believed to have taken place before Osiris, the chief god of the dead and Afterlife, and a tribunal of 43 deities. Standing before the tribunal the deceased was asked to name each of the divine judges and swear that he or she had not committed any offences, ranging from raising the voice to stealing. This was the “negative confession“. If found innocent, the deceased was declared “true of voice” and allowed to proceed into the Afterlife.

The ancient Egyptians considered the heart to be the centre of thought, memory and emotion. It was thus associated with intellect and personality and was considered the most important organ in the body. It was deemed to be essential for rebirth into the Afterlife.