Nadat ons ‘n artikel gelees het, en ek haal aan: “teen slegs R2 228 per persoon wat deel per nag, (normale tarief R4 919)” het ons besluit om ‘n forum op te stel om werklik bekostigbare akkommodasie aan mense bekend te stel. Ons reis self baie, en ons weet dat jy nie onderweg na jou bestemming al jou vakansiegeld aan oornag-akkommodasie wil spandeer nie.

Vertel ons asseblief van enige bekostigbare akkommodasie waarvan jy weet. Gaan na Reisgewys/Travelwise en kliek op Forum links bo om te begin. Indien jy die einaar van so ‘n akkommodasie is, laat hoor van jou. Dit is absoluut gratis om hier te adverteer, solank dit bekostigbaar is.

* Bekostigbaar word gedefinieer as R250 en minder per persoon per nag
* Akkommodasie verwys na gastehuise, B&B, selfsorg, kampeerplekke ens.

Gaan sluit ook aan by die Facebook Groep. Al die aksie en inligting is by Reisgewys/Travelwise

Vertel asseblief ook al jou vriende hiervan!

Advertisements