Dit lyk of die fut nou uit die vakansie is! Ons sien kort-kort nog ‘n volgelaaide 4X4 met Ventertjie fietse aangehaak verby ry. Die fut is so bietjie uit die vakansiegangers. Minder mense draf verby, daar is minder lawaai in die aand in die strate, en die kinders is nie meer so vol bravade met sigarette in die strate nie.

Maar die see  bly blou, die sand skoon, en die lug helder.

Dis skoon, dis netjies, maar dis hóórbaar stil hier in ons huis!

‘n Paar lesse wat ek geleer het die vakansie:

  • Al wat ‘n kind wil hê as ander dink hy is stout, is ‘n rugkrappie.
  • Hulle WIL help meel sif vir scones en dan self die balletjies vorm.
  • En meel kan weer opgevee word, en krummels opgesuig word.
  • Sonbrandroom is NIE hulle keuse nie.
  • Koekies is gesond vir kinders – en hulle hou van tuisgebakte kookmelkkoekies.
  • En nog so paar.

Maar vir nou, is ek bly dis net ouma en oupa wat nou ‘n rustige teetjie gedrink het – in ‘n skoon, ordelike huis.

Advertisements