Sleutelwoorde

, , ,

Soms kry mens ‘n onverwagse klein genade, sommer so uit die bloute. Gister het ek so een gekry. As deel van my verjaarsdagwens, het hierdie een in my posbus beland. Vriendin Christelle het die moeite gedoen om my naam vir ‘n barista te spel (glo my, mens moet, anders kry jy Trisha, Tricia, Trish Trissa) en met goeie gedagtes net vir my haar oggendkoffie gedrink.

Dan het ek ook wakker geword met ‘n heurlike reuk in my neusgate. My liewe MaanMan bring elke oggend vir my tee in die bed, en hy het gedink hy sprei sommer sy goeie wense op ‘n sigbare manier, deur vir my ‘n wierookstokkie op te steek voordat hy my tee bring. As ‘n liefste kleinkind al ooit vir jou oor die foon gesing het Happy Birthday liewe oumie, sal jy weet wat dit aan jou hart doen. En verstaan hoe jy smelt as sy dan sê, maar ouma ek wil ook nou vir jou my Vlinder-liedjie sing (Sy is in die Vlinder-klassie)

Die hordes briefies, oproepe, sms’e  met persoonlike wense  het darem om fair te wees ook ingesluit:

‘n Dronkerige oproep van ‘n makelaar’vriend’ (ha-ha op 55 kan mens se RA mos uitbetaal…)

Generiese SMS’e van my oogkundige,  en van my bank. Wat hulle nie weet nie, ek is op pad om te gaan reël vir my gratis bankdienste!

Dit was ‘n lieflike dag, met fone wat aanhou lui, en hordes wonderlike wense. Ek is skatryk. My hart was vol (en week). Baie dankie aan elke een wat gehelp het om my dag baie spesiaal te maak.

Om dit af te sluit, het ons hierheen gegaan vir High Tea. ‘n Eerste vir my.

  

  

Al is mens soms oorweldig deur die wêreld, deur donker energie wat jou probeer verswelg, kom daar onverwagse klein genades wat opmaak vir alles anders.

Advertisements