Die boodskap dat ek sal doodgaan as ek nie Prednizone drink nie, het drie-uur in die nag gekom. Die geel streep lig oor die mat het my laat dink dit was al dag, daarom het dit my nie té veel gepla dat ek wakker lê nie. Eers toe ek die notas maak, sommer agter in ‘n roman wat op die bedkassie was, het ek gesien dat die maan amper vol is en dat ek in die maanlig kon sit en skryf.

“Dit is in jou bloed en in jou brein, en jy sal doodgaan as jy nie Prednizone drink nie.”

“Vergeet jou droom en skryf dit neer”

“Dit gaan jou hare laat uitval, maar dis beter as chemo.”

Die stem het aanhou dreun, selfs nadat ek die notas gemaak het. Die snaakse ronde pakkie waarin ek die pille gesien het , het ek ook rofweg in die maanlig geskets.

My laaste gedagte voordat ek weer aan die slaap geraak het, was wat op aarde sou Prednizone wees, want ek het nog nooit daarvan gehoor nie.

Natuurlik is dit die eerste ding wat ek gedoen het, slaapdronk nog, om my rekenaar aan te skakel en in die soekblokkie te tik: Prednizone.

Die skok dat die medisyne wel bestaan was vir my groter as die stem wat my gewaarsku het om dit te drink. Ek was skoon van balans af geskrik, en het nie geweet of ek moes lag of huil nie. Toe lag ek maar eers, en pink ‘n traan daarby, net vir balans. Wat sou die lewe tog wees as daar nie vir elke aksie ook ‘n teenaksie was nie? ‘n Teenpool vir balans. Donker, sodat jy die ligkanraaksien en waardeer.

Prednisone is a synthetic corticosteroid drug that is particularly effective as an immunosuppressant, and affects virtually all of the immune system. It is used to treat certain inflammatory diseases and (at higher doses) cancers, but has significant adverse effects. It is usually taken orally but can be delivered by intramuscular injection or intravenous injection. It has a mainly glucocorticoid effect. Prednisone is a prodrug that is converted by the liver into prednisolone, which is the active drug and also a steroid.[1]

Hierdie boodskap het my verskriklik ontstel – wat is in my bloed en in my brein? En sal dit my regtig doodmaak? En sal hierdie pille met die snaakse naam waarvan ek nooit voorheen gehoor het nie regtig help

Ek was ook olik op daardie stadium vir ‘n paar maande, ek wou net nie regkom nadat ons al twee bosluisbytkoors opgedoen het nie. Ek het siek gevoel, soms koorsig, meestal ‘n vae hoofpyn, en sommer net af. Ellendig. Pap en willoos. Sonder energie. Maar gefrustreerd, want ek het dinge om te doen.

Einde ten laaste is ek toe dokter toe, en die besoek het my meer frustreer as gerus gestel. Waarom het sy nie gevoel aan die kliere onder my arm wat seer en geswel is nie?

Die bloed wat sy laat toets het, het nie tekens getoon van enige bosluitbytkoors nie en sy het dadelik aanvaar dat my gemoed dan die fout moet wees. Ek kon sommer oor die foon hoor hoe sy dink in die rigting van anti-depressante vir hierdie middeljarige vrou in haar oorgangsjare. Nodeloos om te sê, daardie gesprekkie het ek net daar kortgeknip.

Gelukkig dink ek toe aan my teorie oor drome, hoe sekere drome ‘n uitlewing van jou lewe is, op ‘n ander paadjie as die een waarop jy nou is.

As jou lewe voorgestelkanword as ‘n ronde bal vol vertakkinge, dan lê ‘n spesifieke droom op een van die are, maar jy het deur ‘n keuse te maak vroeër in jou lewe op ‘n ander paadjie gestap. Daardie droom is hoe jou lewe sou kon wees. Dadelik het ek beter gevoel en vir my ‘n paar eetlepels olyfolie met suurlemoensap in ‘n glasie gaan meng.

Die olyfolie klink erger as wat dit is. Verlede week net na die gesprek met die dokter wat my so ontevrede gelaat het, het ek opgevra Boontoe wat dan met my verkeerd is dat ek nie wil regkom nie. Ek was al so moedeloos om te voel hoe my selle so lewendig kriewel. Die hoofpynekanek nog hanteer, maar die binnebewe kry my nou onder. En probeer nou hierdie gevoel aan ‘n dokter beskryf!

Ek het dadelik die binnestem hoor praat, hard en duidelik: “Daar is goed in jou bloed wat die Good Guys moet fight, maar hulle kry net nie gewen nie.

Die Good Guys het ek toe instinktief geweet verwys na wat ook al verantwoordelik is om kieme en bakterieë in my liggaam te beveg.

Ek vra toe dadelik weer maar wat moet ek dan nou daaraan doen, en die stem was glashelder: “Jou lyf moet vitamine, minerale en probiotika kry. En olyfolie.”

Voordat ek nog die olyfolie kon bevraagteken, kom die stem weer: “So drie eetlepels olyfolie met bietjie suurlemoensap opgeklits.”

Glo dit of glo dit nie, olyfolie proe toe nou glad nie so erg nie.

(Hierdie was verlede jaar, maar ek het nodig gehad om hierdie week weer te begin olyfolie drink)


[1] http://en.wikipedia.org/wiki/Prednisone

Advertisements