Sleutelwoorde

, ,

Het jy al ooit gewonder waarom ‘n huis wat leeg staan so vinnig verinneweer? Waarom die mure brokkel, die verf skilfer en die geute afval, totdat daar net ‘n ruïne bly staan? En waarom jou huis jou hart is? En there is no place like home?

Dis omdat jou huis ‘n siel het. En daardie siel se welstand hang van jou, die bewoner af.

Jou gedagtes, jou intensies beïnvloed ook die siel van jou huis. As jy gelukkig is, is jou huis gelukkig. Mense kan dit aanvoel. Hoeveel maal het jy al gehoor mense sê toe hulle by ‘n vertrek instap, kon jy die atmosfeer met ‘n mes sny. Of die atmosfeer was geláái!

My huis het nie net ‘n siel nie, hy léwe ook! Vanoggend het hierdie druppeltjie goud langs my stoel op die vloer gelê (ons het knotty pine plafonne). Daar is ‘n paar plekke wat so gom vorm en lek, na baie jare. Hier is ook ene reg bo my kop, wat van tyd tot tyd bo-op my sleutelbord val.

Hierdie was vir my so ‘n mooi gebaar van die huis, om my te herinner aan sy siel, en respek te betoon aan die huis, hom mooi op te pas en bowenal dankbaar te wees vir die skuiling en sekuriteit wat dit ons bied.

Dankie Huis! Vir jou siel en vir jou hart.

Namaste!

Advertisements