Sleutelwoorde

, ,

Mense eet dit. Vanaand het ons een van die drie nommertjies gehad vir ‘n voorgereg.

C. Louis Leipoldt se unieke kookboek vir die fynproewer is onlangs heruitgegee, waarin ‘vreemde’ disse beskryf word. Tog is dinge  soos  pikkewyneierstruif, gevulde flaminkbors, duiwekerrie, gestoofde veldskilpad, gebraaide likkewaan as fynproewersdisse geëet…

Dit val ons so vreemd op die oor soos die dinge wat my sus onlangs in Thailand teëgekom het, en tog was hierdie in ons eie land, ‘n paar dekades gelede.

Lees die volledige artikel daaroor in vandag se By.

Ek is dankbaar dat hierdie delikatessies nie by ons te koop aangebied word nie… (Hierdie stalletjie se advertensie vir vlermuis was glo misleidend, al wat hulle gehad het, was gebraaide rot. By die syfabriek word niks vermors nie, en die ander een was hulle te bang om te vra.

   

 

Skielik lyk die skaaptongetjies wat ons vanaand saam met die skulpkossies gehad het nie meer vir my so vreemd nie!

Ek probeer die hele tyd net onthou, dis verskillende kulture en verskillende persepsies. Wat vir een ou kos is, is vir ‘n ander ‘n fynproewersdis. En vir my maak dit dalk naar.  Dis maar soos klere en dinge. Op die William/Kate-wat-nou-Catherine is se troue, was daar bv hoede wat ten duurste ontwerp is, wat vir die draer daarvan mooi was…

Advertisements