Sleutelwoorde

,

Ons arme Nartjieskil-kat gluur my met sulke halfmas geel skrefies aan, terwyl sy haar swart lyfie so oppof, om bietjie hitte in te hou. Dis immers my skuld. Alles is my skuld…

Ek het egter vrede met haar – Al het ek in die nag wakker geword van koue voete, en al is my vingers stokstyf, kies ek hierdie paar koue dae nog steeds bo enige hittegolf!

Ons moenie die seisoene omwens nie, dan kla ons weer oor die tyd so vinnig omgaan!

(En as jy koud kry, bestuur vinnig ‘n stofsuier of ‘n besem deur jou huis, om een of ander rede vind ek dit ontsaglike goeie oefening, wat die bloed deur my are laat bruis!)

Wat doen jy om warm te bly as dit so koud is?

Advertisements