Iewers is Oktober 1996 het ek die voorreg gehad om Mnr Nelson Mandela se hand te skud. Hy het by dieselfde hotel geëet waar ons gebly het, en sy sekuriteit was verspot maklik om deur te dring. Ek het ure in die voorportaal gewag dat hy verbykom, net om dálk ‘n glimps van sy agterkop te sien. En toe uiteindelik sy hand geskud het? En hom vertel het hoe ek daardie selfde dag op besoek aan Robbeneiland in die sel kon sit waar hy aangehou is?

En wat het die charming oompie gedoen? Hy het met die grootste liefde in sy gesig, sagtheid in sy oë en ‘n halo om sy kop, sy sekuriteitsmense beduie om te wag, en my hand in albei sy hande vasgevat. En my toe die versekering gegee dat dit vir hom ‘n groot eer is om hier te staan en dat hy amper wens dat hy weer daar kon wees, as dit saam met so ‘mooi, jong’ vrou is. So iets. MaanMan het die foto geneem waar hy al weer op pad uit is (Die blommiehemp)

‘n MAGIC moment. ‘n MagicMan. Madiba. (En ja ek weet. Die man was ook ‘n terroris wat bomme geplant het. Ek weet. Maar dit was steeds vir my magic)

Ek staan in Die Sel 

In die Binneplein waar die gevangenes elke dag bymekaar gekom het (Ek sien dis dieselfde 5kg waarmee ek steeds sukkel sedert 1996!)

MaanMan met Tafelberg in die agtergrond

Advertisements