Sleutelwoorde

, , ,

Wees gewaarsku! En hierdie is ‘n ernstige saak. Regtig. Ek sal my plig versuim as ek nalaat om julle daarvan te sê.

Moet nooit-ooit dat jou kar of een van jou toestelle hoor jy dink daaraan – al is dit baie vaagweg – om dit te vervang nie. Of dat hulle hoor jy praat van selfs net effense swak dienslewering van die betrokke toestel nie. Ek het verlede week net in die verbygaan genoem dat ons yskas darem regtig lank hou, maar dat dit dalk tyd raak…

Toe hoor hy my.

Maar nou ja. En dis darem ook lekker om in jou eie dorp gou voor brekfis te stap en ‘n nuwe yskas te koop, teen ‘n beter prys as dieselfde model by Game of Tafelberg! En dankie vir die GEC se 35 jaar van goeie diens. Die dame is nou bejaard…

Toestelle is darem ook nou nie meer deesdae wat hulle was nie. Al die nuwe yskaste waarna ons gekyk het, lyk pure plestiek. Behalwe natuurlik die Pienk Smeg (What a beaut!) maar R23,000 is darem te veel gevra…

Advertisements