Sleutelwoorde

,

Soos met elke nuwe ding, voel ek nog my pad deur die WordPress blogs. Baie dankie vir julle warme verwelkoming! Dis lekker hier.

Ek het net een klein probleempie, my lys van Plekke waar ek graag kuier het te lank geraak, toe knip ek hom sommer heeltemal kort. Dis veel makliker om in te skryf op die blogs wat ek graag lees. Nuwes ontdek ek so langs die pad. Te bang ook ek trap op tone deur sekeres uit te laat.

Dankie ook weer aan Son se warm hart. Gee en vir jou sal gegee word. Daarom wil ek weer op my beurt vir Bileam se Donkie welkom heet hier by ons!

Jy, dit voel nou regtig vir my soos “Ons”. My hart is nou hier.

(En nou moet ek gaan yskas uit- en inpak. Ek hoor skuifgeluide hier onder, en deure wat klap, nuwe yskas word afgelewer. Vandaar die telegram blog vandag.)

Lekker naweek almal!

Advertisements