Sleutelwoorde

,

Gister laat weet my kleinsus:

Ek het vanoggend vir ma na die pensioenkantoor toe gevat om haar jaarlikse bewys te lewer dat sy nog leef. Dit is werklik die vriendelikste effektiefste staatsdepartement waarvan ek weet. Ons was vroeg, het baie naby parkeer (Dis in die stad in Hamilton straat), ingestap, ‘n nommer gekry, deurgestap na die jong Afrikaanse wit dametjie toe, en is onmiddellik baie vriendelik en professioneel gehelp. Elke mens wat daar werk, wit of swart, is vriendelik en gesels met die ou mense. Hoekom kan alles nie net so wees nie?
Ek wil hulle iewers erkenning gee, ek weet net nie waar nie.

(Hier is ‘n bietjie openbare erkenning, vir wat my woord werd mag wees)

‘n Jaar of wat gelede het ons dieselfde ondervind by ons Binnelandse Sake-kantoor in Caledon. Ons nuwe paspoorte was blitsvinnig reg, en ook die Unabridged Birth Certificate wat my dogter nodig gehad het. Hermanus se Lisensiekantore is net ‘n plesier. Ons moet juis volgende week ons bestuurslisensies laat hernu. Sien g’n stuk niks op daarteen nie, die diens daar is flink en vinnig.

Net so word ons dorp en die hele area uitstekend bestuur! Ons paaie is heel, alles werk wat moet werk, en as iets fout gaan by bv ‘n elektriese paal, of as daar ‘n waterpyp bars, is die lorrietjie binne 10 minute hier om die herstelwerk te doen. Hulle is tans besig om al die oorhoofse kabels ondergronds te lê. Daar is honderde netjie HOP-huise gebou hierdie jaar. Die water resevoir is laat skoonmaak deur kommersiële duikers. Die rioolwerke is uitgebrei. Nuwe substasies is gebou. Kortom, alles word in stand gehou en uitgebrei. Go Overstrand!

Die nuwe hawe-ontwikkeling verloop volgens plan, en die besighede doen fluks sake tussen die lorries en padmaak deur. Ons is ongelooflik opgewonde oor die nuwe ontwikkelings!

Daarby is dit vandag skoon somer vandag in Julie! Koffie en koek in die hawe. Dolfyne, Walvisse, seemeeue, honde en Hadida’s. Vissermanne en seuntjies met visstokkies wat in die golwe speel.

Ek Lief my Lewe!

Advertisements