Sleutelwoorde

, , ,

Cas van Rensburg skryf in vandag se By oor die revolusie wat ons op hande het, wat gelukkig hoegenaamd niks met politiek te doen het nie!

“Nóg die wonder van die rekenaar, die selfoon, die internet, Facebook of Twitter, e-pos of WikiLeaks, nóg die gevare van aardverwarming en al daardie nare vooruitsigte het my voorberei vir die skokkende besef dat die mensdom, óns, midde-in een van die grootste revolusies staan wat tot dusver in die geskiedenis beleef is.”

Hy praat van die Kindle en ek is saam met hom opgewonde!

Die rede vir my opgewondenheid is natuurlik tweeledig. Eerstens omdat ek so lekker lees op my Kindle, en tweedens omdat ‘n boek waarvan ek medeskrywer was, nou op Amazon beskikbaar is as eBoek!

Hier gaan nog baie opwindende dinge in ons leeswêreld gebeur. Onthou hoe omgekrap was baie skrywers toe hulle op rekenaars moes begin werk? Hulle wou vasklou aan tikmasjiene. (Ek sien Woody Allen gebruik steeds syne…)

Niemand het 20 jaar gelede voorsien hoe rekenaars ons lewe gaan verander nie. Vra bietjie jou ma wat sy sou sê as jy haar vertel het jy gaan eendag kan water kook in ‘n mikrogolf. Net vyf jaar gelede was dit wat ek daagliks op my BlackBerry doen ondenkbaar.

Waarom sou hierdie anders wees?

 

Advertisements