Sleutelwoorde

, , , , ,

Mense kyk na hierdie foto wat ons eergister in Hermanus geneem het, en luister na ons rondritsery, en wonder of ons nie werk nie! Die waarheid is natuurlik dat ons werk as ander af het en vakansietye werk ons baie hard. Sit ook maar dadelik die romantiese prentjie wat jy het van ‘n Gastehuis-by-die-see uit jou kop. Die werklikheid van storte skoonhou en beddegoed was en stryk (en die gebou skoon en heel en bowenal Oranje hou) lyk heel anders!

 

Vir my kinders het ek altyd die volgende gepreek:

  • Leer asseblief – Leer bleddie hard
  • Werk asseblief – Werk jou alie af
  • Beplan asseblief – Beplan deeglik
  • Spaar asseblief – Spaar alles wat jy kan
  • En bowenal – Wéét wat jy wil hê

Hóór nou vandag vir julle tannie MaanKind. Doen hierdie dinge, want dis die enigste manier wat jy eendag vryheid gaan smaak om te kan doen net wat jy wil. Waar jy wil. En saam met wie jy wil.

(En nee daar is nie fout nie, ek het ‘n wonderlike week agter die blad, en ek is net dankbaar daaroor)

Vanoggend toe MaanMan vir my tee bring, kry hy my teen die kussings met ‘n klomp droomboeke om my, my BlackBerry wat goeie nuus oor verkope van eBoeke gebring het, my Kindle waarop ek besig was om na iets te kyk, en toe bars ek summier in trane uit. Van blydskap oor my lewe. En toe ek opstaan, is dit koud en nat, MY weer!

Thank You God

Advertisements