Sleutelwoorde

,

Groen leerjas – check, Grys leerboots – check, Oranje leerhandsak – check. Enige vegetariërs wat wil beswaar maak, is welkom…

Ek het ‘n wonderlike vriendin in Pretoria, een van daardie vriendskappe wat die toets van die tyd deurstaan het. Ons enigste erntige verskil was oor my swart suede-en-pels nommer. Totaal maar totáál onaanvaarbaar vir haar. Sy kon eenvoudig nie verstaan dat haar leer oorbelle, ‘n leerbelt, sandale van sagte leer en ‘n netjie leer briewetas nie eintlik anders was nie.

Vanoggend moes ek kies tussen swart en groen, en die groen het gewen! Dit word nie aldag koud genoeg hier om dit te kan dra nie, en hierdie groen leerjas hang al meer as 20 jaar in my kas.

Advertisements