Sleutelwoorde

, , , , ,

Gister was een van my fliekhoogtepunte van die jaar. Biutiful. Regtig een van daardie flieks wat ‘n mens bybly, en hoe meer ek dink daaroor, hoe meer vlakke kom daar uit. ‘n Fliek het my lanklaas so geraak. MaanMan is my eens hieroor, en maak nie saak waaroor ons vanoggend gesels nie, dit bly terugggaan na een of ander aspek van Biutiful.

Gelukkig was die onderskrifte baie goed gedoen, en mens kon die Spaanse fliek baie goed volg. Hoewel ek baie van The King’s Speech gehou het, kan ek op geen manier sien dat Colin Firth daardie Oscar vir Best Actor kon wegraap voor Javier Bardem se neus nie. Die fliek slaan jou winduit, reg op die krop van jou maag. Nie net Javier Madrem speel uitstekend nie, maar ek het lanklaas ‘n aktrise gesien met die kragtige spel van Maricel Álvarez se uitbeelding van Marandra,

Die fliek was veelvlakkig, oor goed en sleg, konflik, spiritualitet, moraliteit en word op Rotten Tomatoes so beskryf:

Biutiful is a love story between a father and his children. This is the journey of Uxbal, a conflicted man who struggles to reconcile fatherhood, love, spirituality, crime, guilt and mortality amidst the dangerous underworld of modern Barcelona. His livelihood is earned out of bounds, his sacrifices for his children know no bounds. Like life itself, this is a circular tale that ends where it begins. As fate encircles him and thresholds are crossed, a dim, redemptive road brightens, illuminating the inheritances bestowed from father to child, and the paternal guiding hand that navigates life’s corridors, whether bright, bad – or biutiful. — (C) Roadside Attractions

Omdat ons hou van kunsflieks, moet ons noodwendig Kaapstad toe ry daarvoor. Enige shopping mall se energie is vir my baie erg, en affekteer my geweldig. Te veel mense se energie wat in my aura kom sit, maak my narerig, uitasem en skoon van balans af, dat ek letterlik amper nie kan stilstaan op ‘n roltrap nie.

Gelukkig kon ons direk na die fliek wegkom, en het ons Vishoek toe gery vir seekos langs die strand. Dit het gehelp, maar ons was al twee besonder moeg en bewerig gisteraand. Stort help, met gedagtes van reiniging (sal maar stilbly oor die aura uitkam…), maar vanoggend het ons geses oor waarom ons vanoggend so moeilik opgestaan het en sommer net futloos was. Só uitputtend is die paar honderd kilometer en fliek/eet in vakansiegees mos nou nie? En ons is tog gesond?

En daar slaan MaanMan die spyker op die kop: Ons moet nie vergeet van die invloed wat die donker negatiwiteit van die fliek op ons sensitiewe siele het nie. 

Net daar het ek yskoud geword, my gebeente (nie my vel nie) het in hoendervleis uitgeslaan soos wanneer die Engele met my gesels, en ek het geweet dat ek julle moet vra: Wees asseblief vreeslik versigtig waaraan jy jouself of jou kinders blootstel. Dit het ‘n effek op jou wat so subtiel is, dat jy nie bewus is daarvan nie, maar jou siel voel dit aan. En dit bepaal weer hoe jy reageer teenoor jou naaste mense.

Dat mens nou so kan leer uit fliek, nè?

Advertisements