Sleutelwoorde

, , ,

Enkele dinge wat my opgeval het hierdie naweek by die Kalfiefees

Ons volkie wil eet, en hulle wil drink. Hulle wil baie eet, en baie drink. By die Hermanus Wine and Food Festival was nie plek vir ‘n muis nie.

Die kuiertent is gewilder as die kunsgalerye, die boekbesprekings en die teateropvoerings.

Taai tye? Ekonomie wat knyp? Methinks not…

Daar is steeds mense wat nie hulle selfone afsit tydens ‘n opvoering nie, selfs nadat daar spesifiek gevra is. Hoe weet ek? Want hulle lui… En dit gee ‘n geskarrel af…

Dis maklik om voor ‘n gehoor te praat. Dit het nog elke keer wat ek dit moes doen goed gegaan, so waarom slaan ek in ses puisies uit vooraf en berei tot in my slaap voor?

Ons ‘grootste’ en ‘beste’ akteurs berei nie altyd hulle woorde baie goed voor nie, en hulle spel word soms oorskadu deur jonger spelers.

Die Overberg is die mooiste plek op aarde in die lente!

Laaste maar nie die minste nie het ek geleer ‘n bottel wyn by middagete, afgesluit met nagereg, gee vir my ‘n lekker namiddag hoofpyn…

Advertisements