Sleutelwoorde

, , ,

By gebrek aan ‘n Vrouedag inskrywing (Ek sou buitendien net kwaad word soos Son) het ek net gedink aan ‘n inspirerende gedagte deur ‘n vrou, wat my na meer as ‘n dekade nog bybly.

Party mense kan jou mos so laat lag. Een goeie dag toe my vriendin Marian bel, sê sy ek moet harder praat, sy kan my nie hoor nie. Ek sê toe ek kan nie harder praat nie, my keel is rou en seer. Ek is siék. En hoeveel simpatie kry ek? Sy reken, Ag ’n seer keel is fokol, jy kan ’n Disprin drink, maar sê my, Is jy Happy?

Wat ’n inspirerende gedagte was dit nie! Sy koop ook mos eendag vir my so ’n klein pienk verestoffertjie in Oudtshoorn en sê dis om al die kak in my kop af te stof. Daardie stoffertjie het lank reeds vergaan, maar stof steeds menige dag my kop skoon…

Soek vir julle sulke pelle soos Marian. Hulle laat jou lag, en lag is gesond.

(Dis sy wat so vloek, dis nie ek nie…)

Advertisements