Sleutelwoorde

, , ,

Dankie tog vir my BlackBerry

Beide Cape town International en OR Tambo lughawens is wêreldklas. So ook die Gautrein. Netjieser en beter diens daar gekry as in baie Europese stede. (OK ons vergeet nou maar die outjie wat my tas oopgebreek het en niks gesteel het nie, my toiletries was uitgegooi en my bra’s aangepas of iets, als is omgegrou maar geweeg en te lig bevind… Moet mens nou bly wees, of so bietjie beledig voel dat jou goed nie eers steelbaar is nie? Moes een disgusted dief gewees het…)

Dankie tog vir my BlackBerry

Verbeel ek my, of is die vibe in Gauteng anders as ‘n paar jaar gelede? Winkelassistente en lughawepersoneel was deur die bank almal besonder vriendelik en behulpsaam. (Ek dink maar nie nou aan padgedrag nie…)

Dankie tog vir my BlackBerry

Ek het ook weer vertroue in myself. As ek ‘n 4-jarige se kinderpartytjie kan oorleef, kan ek baie dinge doen. Ek het Respekte met ‘n R vir julle mammas met kleintjies…

Dankie tog vir my BlackBerry

Ons het die paaie in Pretoria skoon en heel gevind, en die snelweë fantasties. (OK vergeet net die klein stukkie verby Schubartpark)  Selfs die waterval in Wonderboompoort val weer. Ons sien ontwikkeling en nuwe besighede sedert ons laas daar gery het.

Dankie tog vir my BlackBerry

Ekonomie in ‘n ressessie? Mense koop en eet, die restaurante in die winkelsentrums is vol, en die mense drink en eet en drink en koop. En die karre ry en ry en ry dat jy wil gek word daarvan.

Dankie tog vir my BlackBerry

Ek HOOR al die slegte goed deur al die media, maar ek SIEN die mooi lughawens en die Gautrein, die paaie en die winkels en die smiles. En sien is glo…

Advertisements