Sleutelwoorde

, ,

Miskien het sommiges van julle van die geweldige brand hier by ons in Maart oor die nuus gehoor. Die brandweer het hulle bes gedoen, maar kon nie verhoed dat die brand vanaf Kleinmond sprei oor die berge na Grabouw, oor Gordonsbaai en weer via Pringle Baai terug tot in Kleinmond waar dit begin het.

Maar in enige tragedie kry jy skoonheid. Skoonheid in destruktiwiteit. Die as lyk soos sneeu, die roet dwarrel oor alles, ons hoes en proes van die rook, ons oë is bloedrooi, maar die rook maak die mooiste foto’s!

Hierdie is sommer foto’s wat ek in die aand toe die son pas aan die ondergaan was probeer neem het, maar kyk wat kom toe uit, op ‘n mik & druk op Auto gestel. Olieverfsliderye. (Hierdie is niks gemanipuleer nie)

          

So het die son wat ondergaan deur die rook gelyk (deur my kamervenster)

Advertisements