Sleutelwoorde

Een goeie dag in Mei sien ek  ‘n vreemde transaksie op my Kredietkaart staat. ‘n Kredietinskrywing wat lees:

Elec Pmt R192.02

Snaakse bedrag, en niemand wat ek ken het mos my kredietkaartnommer nie?

OK ek het wel gelag daaroor, want die vorige bedrag was -R180 vir Computicket, vir die Kaasfees wat ons nie kon bywoon nie en die R180 ‘gemors’ was. Ek glo mos as ek geld uitgee of weggee kry ek dit dadelik terug! Werk elke keer….

Nietemin, daar was nie ‘n verwysing by soos met al die ander transaksies nie, en my navraag by die bank het die volgende reaksie gehad:

Herewith we confirm that we are unable to see who the payment came from. We trust you find the above in order and thank you for your valued support

Die kredietkaartafdelking het nie eers my navraag beantwoord nie. Nou wat nou? Ek kan mos nie sommer net geld vat wat iemand verkeerdelik inbetaal het nie? As die bank nou nie kan naspeur waarvandaan dit kom nie? Is iemand nie lus vir werk nie, of wat??

Ek het dit toe daar gelaat, en R200 elders heen gekanaliseer waar dit nodiger is as by my.

En nou sien ek op my nuutste staat:

Elec Pmt R192.02

Dit pla my, iewers is daar iemand wat dink hy betaal iets vir iemand, en dit gebeur nie. Sal maar wéér more probeer uitvind.

Advertisements