Sleutelwoorde

, , , ,

Die afgelope paar dae het ek weer baie gedink oor alternatiewe medisyne en holistiese healing. Soos wat ek ook by My Lewensmotto’s hierbo noem, is die eerste vraag wat ek altyd vra – Compared to WHAT?

Wel, in vergelyking met gewone medisyne wat die dokter voorskryf, of niks.

Enige ou wat al ooit Gordelroos (oftewel Shingles) gehad het sal weet, as jy niks doen nie, gaan jy gek word, dis ‘n brand en pyn wat moeilik beskryf kan word. Jou kop voel of dit met ‘n fietspomp opgepomp is, jy brand asof iemand al jou velle met ‘n pomelomessie afgeskil het (en jou hier en daar met die skerp puntjie raak geraps het), en jy pyn soos wat soos jou rug voel met geboortepyne, net oor jou hele lyf en in elke been en buigplek. Jou spiere bestaan nie, anders sou dit ook seer gewees het. Amper vergeet ek van die naar en jy wil opgooi, maar jou spiere is te seer om op te gooi…

Dit alles het maar net vir my aan die begin soos  ‘n baie kwaai griep gevoel, en ek het gewonder hoekom help niks vir die pyn nie.

Die rooi kolle met blasies het ek toegeskryf aan die kat se vlooie en  MaanMan het haar dadelik ‘n Capstar ingejaag. Ek het sommer Silver gel aangesmeer wat dadelik die brand laat bedaar het.  ‘n Vrou in die mediese wêreld het my arm een kyk gegee en gesê, jou árme mens! Gordelroos is niemand se maat nie. Toe eers drop die pennie. Ek het Opgevra Boontoe, en die antwoord was eenvoudig: Natuurlik is dit Gordelroos, hou maar aan met die Silver smeer.

Ek het tydens die akute fase te siek gevoel om dokter toe te gaan en het toe is dit naweek. Gister net toe ek mooi beter voel toe slaan my arm in so lang ry blase uit. Weet nie of dit van skrik of pyn was nie, maar ek kon nie ophou tjank nie.

Dis toe wat die wonderwerk gebeur. Twéé van my vriendinne wat met Holistiese Healing werk het amper gelyk vir my ‘n boodskap gestuur: Kan ek vir jou Healing stuur? Kan hulle? KAN hulle? Asseblief, is al wat ek geantwoord het. En wat vra die een my? Hoekom wil jou lyf blase maak? Wil jou lyf dalk trane maak? Hoekom huil jy nie bietjie nie, dit sal help. Asof sy kon sien ek sit en tjank.

Vanoggend was die ou kolle aan die beter word. En die nuwes? Weg. Soos in sensitief en rooierig, maar die blasies het nie gevorm nie. My vel brand nog, en ek is moeg en voel áf, maar ek word defnitief beter, sonder die antivirals waarop mense aangedring het.

Nou kyk, medisyne het sy plek, daar is niks wat my so nederig maak oor medisyne soos oorinfeksie of ‘n migraine nie, maar my lyf reageer eenvoudig net beter op Energy Healing, soos bv Reiki.

Dankie aan die twee wonderwerk vriendinne!

(Lees ook my storie oor die Prednizone en Olyfolie!)

Advertisements