Sleutelwoorde

, ,

Elke keer as iemand sê, Geen Publisiteit is slegte Publisiteit nie, dan wonder ek darem. As iemand ‘n besonder slegte ding oor jou besigheid skryf in die openbaar, sou dit jou mos nadelig beïnvloed as dit bv Linette Retief se Verbruikersrubriek is.

In hierdie week se plaaslike koerant, het iemand dit goed geag om ‘n brief te skryf waarin onder andere ons huis se kleur aangeval word. Vir ons wat dit natuurlik ‘n groot grap, want hulle bevraagteken ook die hoeveelheid besigheid wat ons doen, en juis hierdie naweek toe almal se oë op ons huis gevestig was, was ons vol bespreek, en het die gaste nog gaste gehad en die karre het bankvas op die parkeerarea gestaan!

Ghastly colour schemes on buildings, houses

If there isn’t a by-law about exterior colour-schemes for houses and buildings in Kleinmond, then it is surely time that people get together to draw up a by-law that protects the interests of responsible and considerate property owners:

There are a growing number of properties in the area that have also become absolute eyesores, one being a large B&B near the beach that was painted about two years ago in a most shocking orange/red colour, and it being on a corner, hits one between the eyes, from four directions! One wonders how much busi-ness an establishment like this does, when the owners have so advertised their bad taste!
Surely there should be a by-law to prohibit the use of outrageous colours on exterior walls of structures, whether business or residential. Surely property owners should have some redress against those who have no regard or their neighbours or neighbourhood by bringing down the value of surrounding properties – and make no mistake, they do! Why should we – who are careful and considerate people – have our properties down-rated because of some-one who obviously does not belong in the neighbourhood if their loud and distasteful colour schemes are a mea-sure of the owner’s regard for the environment. At the rate property is being painted in unacceptable colours, it won’t be long before Kleinmond gets a bad reputation.
With so many pastel colours to choose from, there is no excuse for anyone to opt for colours that should be confined to industrial areas, farms or airports? When one comes right down to it, if these people who have to urge “to paint the town red”, as it were, love these hideous colours so much, why do they not the INSIDE of their homes in those colours? Why do they paint the OUTSIDE of their premises or homes in these colours, where they do not look at them each and everyday except when they are outside. No, they want the neighbours and those walking their dogs to look at their monstrosities! It is time that these people learned the hard way that they’re doing can actually be regarded as being anti-social and a blight on good-neighbourliness: Some responses to my complaint would not go amiss, and might even result in action being taken by the Overstrand municipality.
M. Ferreira

Op Facebook was dit ‘n groot grap, en het mense allerhande reaksies en voorstelle gehad:

  • Ek kan jou nou regtig nie in Pastelle sien nie! Jy sal nie ‘n oog kan toe maak in die nag nie!
  • …ek het kliphard gelag toe ek dit lees. Ek’s mal oor julle BB verf sommer helder blomme ook op! En oom kry n stokperdjie asb!
  • Jammer vir mense wat in ‘n Black and White world probeer leef. Viva ‘n miljoen en twee skakerings van emosies saamgevat in ‘n oneindige spektrum van kleur. Halleluja vir keuses.

Maar net voordat ek windgat kon raak omdat almal dink ons huis se kleur is so oulik, het iemand vir my ‘n mooi rympie geskryf, in reaksie op my vorige status update: Kan mens jou radio stel dat hy outomaties uitsny as Hier kommie bokke speel?!?!? (Almal wat my ken weet dat ek nie rugby kyk nie en Leon Schuster het dit nou nog nooit vir my gedoen nie.)

  • Miskien irriteer ‘n sekere liedjie
  • jou tydelik net ‘n bietjie.
  • Maar ander se kleur mure
  • blykbaar weer hul bure!
  • Met jul oranje vind ek geen fout.
  • Net so ook die Groen en Goud! 😉
Dankie Tom. ‘n Hele lewensles, met humor. Elke mens se persepsies van ‘n ding is anders, en wat vir een mens mooi is, is vir ander afgryslik, sand onder die tande. Boeke, musiek, kleure, sport, klere en enige iets wat jy vandag gaan sien of hoor. Selfs hierdie blog. Love me, hate me, maar dit is jou opinie, en jy is geregtig daarop!
Advertisements