Sleutelwoorde

, ,

Toemaar, ons ook nie! Maar ‘n plan is ‘n boerdery.

So plant ons toe ‘n olyfboom in ‘n wynvaatjie. En in jaar drie kon ons oes. Hier is die hele oes. Die som van die totale oes. Ons sien reikhalsend uit na die nuwe seisoen…

Dan kan jy ook ‘n Malva onderom die olyfboom plant:

Bolle? Geen probleem! Plant Hiasinte in slaaibakkies op klippe wat jy optel. Ons het pas gister die laaste uitgeblomde bol weggegooi en die klippe met Jik gewas.

Ons eintlike nuwe projek is hierdie nommer. Ons oes elke aand ‘n blaar of twee iewers af om in die slaai te sit. Alles groei fluks, behalwe die Dhania eet ek vinniger op as wat dit kan groei. Kerrie teen die koue kort koljander… Dis mos steeds winter in Kleinmond.

Advertisements