Sleutelwoorde

, , , , ,

Turksvy ek verstaan so goed!

Vroeër hierdie jaar by Philadelphia het my hand onwillekeurig by Magic Minerals om ‘n paar klippies gesluit wat ek móés hê. Sommer net. Een was ‘n klip wat in die veld maar net ‘n klip is, maar kyk net wat skuil binne!

Die ander een is ‘n Labradorite en ‘n Amazonite. Sommer net tussen al die klippe het ek instinktief hierdie twee gekies. En hoekom? Toe ek nadat ek my keuses gemaak het die betekenis van die Seer stone in ‘n boek wou opsoek, kon ek weer nie ‘n ding sien nie. (Sukkel maar bietjie deesdae) Vra ek so ewe moedeloos vir die vrou daar – Het julle nie ‘n klip om SIG te verbeter nie? Sy het ontkennend geantwoord, maar toe ek die betekenis van my klippe wat ek gekies het sien, het ek lekker gelag oor die synchronicity.

Labradorite: Labradorite has been used in treating mental disorders, and to enhance the various body functions like digestion, metabolism, and eyesight. It is believed the flaming color display of labradorite assists with eyesight problems.

Amazonite: Amazonite assists in manifesting universal love.  It protects against electromagnetic pollution and absorbs microwaves. (Ek het juis die vorige aand gelê en skape tel oor die wenslikheid om in die nag te lê en lees op my Kindle, vandaar iets te Share op Facebook, en dan verder op my Blackberry te speel. Dis nou nadat ek heeldag op my rekenaar was…)

Hierdie name klink dalk vreemd, maar ken jy ‘n Howewish?

So gedink…. Min mense ken ‘n Howewish. So lyk dit. En hier dink jy nog altyd dis ‘n Tieroog!

Soos alle kleintjies, kan ons Krulkopkleintjie nie my bakkies met klippe uitlos nie. Sy vryf en vat en speel, en ouma MaanKind  moet die name van elke klip sê:

KKK: Wat is hielie een ouma?

OMK: Dis ‘n Carnelian

KKK: Oe ouma, ‘n Karlelinion is móói!. En wat is hielie?

OMK: Dis ‘n Ametis

KKK: Oe ouma, ‘n Attememis is móói! En hielie een?

OMK: Die ‘n Rooskwarts

KKK: Is NIE, ouma! Dis ‘n Diamant! Hielie pienkes is almal diamante!

OMK: How I wish…

KKK: Is nie ouma, dis nie ‘n Howewish nie! Hielies is die Howewishes! (Hou triomfantlik ‘n Tieroog vir ouma om te sien)

Nou hoe sou sy weet die Rooskwarts versinnebeeld LOVE? And Love is all there is… In haar koppie was dit die kosbaarste ding.

En buitendien word ‘n klomp klippe in ‘n tumbler (van die lewe) gegooi en gemaal en gestamp. Party breek, maar uiteindelik kom ons glad en geslyp daaruit. En daar is boonop baie Rooskwarts wat vanuit die regte perspektief Diamante is.

   

Advertisements