Sleutelwoorde

Die dag toe Kate Middleton met Prins William getrou het, het ek geskryf:

Ek kyk ook Troue.

En ek weet nie of ek bly moet wees nie, want ons sou nie. Ons het kaartjies vir die Kaasfees anderkant Stellenbosch vir vandag. Mens moet mos vooraf bespreek.

En nou is MaanMan siek. Plat. Knus innie kooi (Hy het sy dag goed gekies… Dis 15 grade maks en nat en donker buite)

En net toe ek nou nie weet of ek bly of spyt is, en waaroor ek bly of spyt is met soveel conflict of interest nie, kry ek dié:

On this day of your life, dear friend, I believe God wants you to know … that everything is perfect Right Here, Right Now. And Right Here Right Now is all there is.

Forget about the past. It does not exist, except in your memory. Drop it. And stop worrying about how you’re going to get through tomorrow. Life is going on Right Here, Right Now — pay attention to that and all will be well. Embrace the present moment with gratefulness and wonder, and you will turn it into whatever you have been waiting for.

Nie lank daarna nie, het ek die stukkie herhaal, met hierdie nota daarby:

Vervang net KAASFEES hierbo met Wacky Wine Weekend. En Stellenbosch met Robertson.

En as jy weet van iemand wat belangstel in ‘n nag vir 2 mense in McGregor by die Country Cottages vanaand (in Peppertree) wat halfpad betaal is, laat weet my. Ons kan nie meer gaan nie (MaanMan weer plat met ‘n vieslike griep) en jy kan vir net balans van R275 daar gaan slaap. Kaartjies was gekoop, akkommodasie betaal. Weer verbeur ons

Toe kom blommetyd in die Wes-Kaap, en almal vertel van die uitstekende blomjaar. En ons wil ry. Maar MaanKind sit met gordelroos van alle dinge.  Dis niks, vertel ek myself, die Canolalande lê géél tussen die graanlande van die Overberg, ons maak ‘n lekker trip Witsand toe, en gaan ry met die pont oor die rivier by Malgas. Maar MaanKind bly siek en seer. En die Canolalande verdof, en die graan word ryp…

Dis toe wat ons vanoggend oor ‘n paar koffies die ding sit en bedink – wat sou die dieper boodskap wees? Wat probeer die Universe vir ons sê? Die antwoord waarby ons uitgekom het, is dat die mooiste blomme nie daar ver om die volgende draai is nie, kyk onder jou voete. Dis hier. Dis nou. Die mooiste uitsig is nie ‘n entjie verderaan nie, dis hier waar jy dit nou sien. Die beste verhouding is nie die illusies wat mens oor vergange liefdes het nie, dis nou, hier in jou hart en in jou huis.

Kyk mooi na die woord THERE. Dit bevat die letters H E R E. Hier. Nou. Die boodskap het ek lankal gekry, maar luister ons? Waarskynlik nie, want ek weet die Universe praat al harder, en ek hoor in my kop die woorde, I talk to you, but you don’t listen…

Reken ek toe, ja, dis waar en alles, maar ek raak so gefrustréérd as ek dinge wil doen en aangaan met my lewe, en die Universe gooi die stokke so netjies in ons speke. En watter boodskap wag toe reeds vir my?

On this day of your life, dear friend, I believe God wants you to know …that patience, above all else, is what is needed right now. Do not let anxiousness or frustration take over.

Conditions on the exterior of your experience will change, but your highest benefit will be achieved when conditions in your interior remain the same. Hold to your inner peace. Reclaim your identity. Trust your higher wisdom. Look to the grander vision.

Do not agitate for a decision right now, nor seek an immediate solution. Do not wish for an end to things as they are. That end will come. Yet let it arrive naturally. Do not push the river. Wait. The Right Time is at hand, and resolution of this difficulty is on its way. (Neale Donald Walsch)

Dis maklik om die teorie en die beginsels te ken. Maar leef dit…

Advertisements