Sleutelwoorde

,

Waarom glo ons niks sleg van iemand as hy/sy eers beroemd is nie? Mense word so maklik in twee kampe gejaag as ‘n held voete van klei het en dit rugbaar word. Koerante en tydskrifte se sirkulasiesyfers word opgejaag as Joost of Steve (weer) iets aanvang, en vir dae en weke sien mens polls oral daaroor. Het hy/moet hy of nie? Amanda Botha het Maandag met Kleinmond Leeskring kom gesels oor die lewe van sir Laurens van der Post. Die Gereformeerde Kerk waar die byeenkoms gehou was, was gepak en die gehoor het behoorlik aan die spreker se lippe gehang. Sy het baie nou saam met Van der Post gewerk vir ʼn aantal jare en is by uitstek die kenner in ons land van sy werk en sy lewe. ʼn Groot verrassing was die gesprek oor die onthullings wat gemaak is in Van der Post se biografie deur JDF Jones, Storyteller: The Many Lives of Laurens van der Post (2001). Bewerings van plagiaat, leuens en bedrog word gemaak. ‘n Ongehude kind van ‘n 14-jarige meisie het na vore gekom. Sy internasionale roem is klaarblyklik geskoei op ʼn fiktiewe lewe wat hy geskep het, wat slegs in sy gedagtes waar was. Nietemin was hy vertroueling, raadgewer en vriend van oa Margaret Thatcher, Prins Charles, en Carl Gustav Jung. Hoe is dit moontlik dat hy soveel mense kon mislei? Hoe slaag hy daarin dat mense soos die Oppenheimers en die Ruperts op ‘n stadium gehelp het om sy rojale lewensstyl te onderhou?  Kliek HIER om ‘n baie goeie artikel daaroor te gaan lees. “Nonetheless, Mr. Jones writes, there were apparently some who doubted van der Post even when he was alive.  Mr. Jones says that when a doctor who knew him was asked the cause of his death, the doctor replied, “He was weary of sustaining so many lies.” “ Amanda Botha het hierdie beweringe bevestig, sy was eerstehands betrokke by sekere van die onthullings. Dit het alles bygedra tot ʼn genotvolle middag. Hierdie was voorwaar ʼn hoogtepunt op Kleinmond Leeskring se jaarprogram. (Almal luister aandagtig!) My groot vraag is, waarom was daar nie ‘n groter hoe-ha gemaak daaroor nie? Waarom word hy steeds erken as ikoon? Wat dink jy?

Advertisements