Sleutelwoorde

, , , ,

Hemel, mense, julle moet dink wat julle sê. Dis so maklik om te praat van As ek eers afgetree is, gaan ek al die dinge doen wat ek nog altyd wou doen.

Ek was net so onverantwoordelik, ek het altyd dieselfde gesê.

  • Eendag gaan ek nog ‘n boek skryf
  • Eendag gaan ek elke dag slaap totdat ek self wakker word
  • Eendag gaan ek na al die plekke toe ry waarvan ek lees
  • Eendag gaan ek tyd hê om kos te maak wat lang prosesse verg
  • Eendag gaan ek nog by die see bly
  • Eendag gaan ek tyd hê om al die boeke te lees wat ek wil
  • Eendag gaan ek aan ‘n Leeskring behoort dat ek met mense oor boeke kan gesels
  • Eendag gaan ek tyd hê om musiekkonserte en uitvoerings by te woon, en meer gereeld teater toe te gaan

Nou moet ek al hierdie goed doen! Al hierdie dinge was maar altyd deel van my lewe, maar ek het minder tyd gehad om daaraan te spandeer as wat ek graag sou wou. Die snaakse ding is, daar kom goed by ook. Nie dat ek kla nie, maar die aand kom te vinnig nader! Gaan julle dae ook so vinnig om? Elke aand dink ek – Dis te gou!

Die e-Boeke hou my ook verskriklik besig, en dit kring tog te lekker uit. Vandag weer ‘n nuwe skrywer bygekry, waaroor ek bitterlik opgewonde is. En ons ‘seisoen’ met die akkommodasie begin ook weer lekker lewe kry. Daar staan juis ‘n s t a a a a p e l beddegoed wat smeek om die gladde warmte van die strykyster se blink magie om oor hulle te streel…

Wat is daar wat jy sou wou doen, had jy die tyd? Blog bietjie daaroor?

 

 

Advertisements