Sleutelwoorde

Toemaar, ek ook nie!

Ons het Hollanders hier gehad vandag, wat ‘n beter kennis het van Afrikaanse skrywers en Afrikaanse letterkunde, as die meeste Afrikaanssprekende persone. Hulle lees onder andere Etienne van Heerden (hulle gunsteling), Marita van der Vyver, Annelie Botes, Marlene van Niekerk, Margaret Bakkes, Hennie Aucamp, Johan Bakkes. Hulle ken ook Karel Schoeman, NP van Wyk Louw en DF Malherbe se werke. Hulle ken kon aanhaal uit Ingrid Jonker se gedigte, en wil graag die fliek Black Butterflies sien. Die fliek Triomf het hulle nie so goed soos die boek gevind nie.

Hulle ken nie net die skrywers se name nie, hulle ken elke boek van elke skrywer. Hulle lees dit. In Afrikaans.

Hulle is afgetrede akademici (geskiedenis en regte) en lees Afrikaans as stokperdjie. My mond het oopgehang.

Hulle is op vakansie in Suid-Afrika, en is hede nou besig om ‘n glasie rooiwyn met Johan Bakkes te deel.

In die gastehuisbedryf ontmoet mens regtig die interessantste mense!
Advertisements