Sleutelwoorde

,

Elke dag as ek na my Blog Stats kyk, dan is daar iemand wat op my blog afgekom met die soekterm Gordelroos. Dit is by verre die soekterm waarmee die meeste mense op my blog afkom. Dit beteken dat daar baie mense is wat self Gordelroos het, of iemand na aan hulle wat dit het.

Dit is regtig die siekste wat ek nog in my hele lewe was, en daarom wil ek graag vir almal wat daaroor inligting soek, moed gee dat dit wel oorgaan (al voel dit nie so nie), en  vertel hoe dit my geaffekteer het. Miskien voel jy dan minder alleen, want die vet weet, dit is ‘n eensame siekte, omdat dit so lank aanhou. Aan die begin is almal jammer vir jou, maar wanneer die rooi en die blase verdwyn het en daar nie meer sigbare letsels is nie, net dowwe rooi/pers merkies, en die tyd stap aan, begin die simpatie ook opdroog. Jy lyk immers gesond.

Natuurlik is een van die eerste dinge wat mense doen, om te Google daaroor, en daar vind jy al die dinge wat die dokter jou ook vertel, die simptome en die behandeling. Wat niemand my vertel het nie, is die emosionele sy daarvan. Die huilbuie, die snaakse depressiewe gevoel, sonder dat jy terneergedruk voel.

Enige ou wat al ooit Gordelroos (oftewel Shingles) gehad het sal weet, tydens die akute fase voel dit of jy gek word, dis ‘n brand en pyn wat moeilik beskryf kan word. En geen pil help vir daardie pyn nie. Niks help nie. NIKS. Jou kop voel of dit met ‘n fietspomp opgepomp is, jy brand asof iemand al jou velle met ‘n pomelomessie afgeskil het (en jou hier en daar met die skerp puntjie raak geraps het), en jy pyn soos wat soos jou rug voel met geboortepyne, net dit is oor jou hele lyf en in elke been en buigplek. Jou spiere bestaan nie, anders sou dit ook seer gewees het. Amper vergeet ek van die naar en jy wil opgooi, maar jou spiere is te seer om op te gooi… Eers later het ek gehoor van die rou senuwee, want die virus het die omhulsel aangeval en opgevreet! Dit gee nuwe betekenis aan die term Rou Senuwee.

Dit alles het maar net vir my aan die begin soos  ’n baie kwaai griep gevoel, en ek het gewonder hoekom help niks vir die pyn nie.

Die rooi kolle met blasies het ek toegeskryf aan die kat se vlooie en  MaanMan het haar dadelik ‘n Capstar ingejaag. Ek het sommer Colloidal Silver gel aangesmeer wat dadelik die brand laat bedaar het.  ’n Vriendin in die mediese wêreld het my arm een kyk gegee en gesê, jou árme mens! Gordelroos is niemand se maat nie. Toe eers drop die pennie. Ek het Opgevra Boontoe, en die antwoord was eenvoudig: Natuurlik is dit Gordelroos, hou maar aan met die Silver smeer. En toe was dit te laat vir antivirale middels. As ‘n mens tydens die akute fase antivirale middels kry, help dit klaarblyklik om vinniger te genees.

Ek het tydens die akute fase te siek gevoel om dokter toe te gaan, want ons dokter was weg, die vennoot op kraamverlof en die locum oorwerk.  Ek sou moes sit en wag, sonder waarborg dat hy my wel sou kon sien. En dit was boonop Saterdag. Toe dink ek mos dit is kwaai griep, en dit sal oorgaan.

Teen die Maandag het ek beter begin voel, maar toe slaan my arm in so lang ry blase uit. Ek weet nie of dit van skrik of pyn was nie, maar ek kon nie ophou tjank nie. Later eers het ek agtergekom dat ek op vreemde tye oor niks gehuil het nie, sommer net gehuil.

Vir weke lank het dit gevoel asof die balans in my selle met tye net deurmekaar is, en elke greintjie energie uit elke sel my lyf verlaat. My alignment was uit, my lyf se kompas wys skuins verby noord. Veral die arm wat aangetas was, was swak, my spiere wou nie werk nie, en goed het sommer uit my hande geval. Dit gebeur steeds dat ek nie kan vasvat nie, en ‘n bottel konfyt kry ek nie oop nie. Dit word darem nou geleidelik beter.

Dit is nou twee maande later, en ek is steeds af, sommer net af. Moeg. Baie dae staan ek vol energie op en gaan aan met my dag, maar dan in die middel van ‘n geringe taak, dan voel dit net of ek nie een enkele tree verder kan stap nie. Ek weet al, drink maar bietjie water, gaan sit ‘n rukkie, en gaan dan weer aan. Ek dink en reageer steeds bietjie in  s t a d i g e  a k s i e.

Maar ek is vol moed, dit gaan nou elke dag beter. Vandag was die eerste dag wat ek nie een lam-bam episode gehad het nie! Die een dag wat ek op my heel moedeloosste was omdat ek nie gou genoeg na my sin herstel het nie, het ek hierdie boodskap van Neale Donald Walsch gekry:

I believe God wants you to know that the cycles of life are endless — and always serve you, because life is a process that serves Life Itself.

When things seeem to be shifting away from you, moving in the other direction, closing doors, shutting own opportunities, remember that all things are cyclical — including Life Itself.

What you are experiencing is temporary — whether it’s “good” OR “bad.” So stop calling it one thing or the other, and simply embrace it as What’s Happening Now.

You’ll move through it all much more peacefully

Besoek gerus die blog:
http://gordelroos.wordpress.com/

Hierdie is die soekterme wat mense die afgelope drie maande gebruik het

Search Views
gordelroos 43
https://maankind.wordpress.com/ 14
sywurms 9
met die helm gebore 9
yskas 7
maankind 6
maankind wordpress 6
inspirerende gedagtes 5
kreatiewe skryfwerk 5
maankind blog 5
maankind se blog 5
my beste vakansie 5
rooskwarts 4
kop skuif 4
hiasint 4
hoe om te vergewe? 3
ons omgewing 3
toesprake oor erfenisdag 3
kreatiewe skryfwer 3
hoe om te vergewe 3
amanda botha laurence van der post 3
hier staan ek 3
naak seuntjie 3
wat eet sywurms 3
gordel roos 3

PS: Die naak seuntjie tickle my! Op watter van my inskrywings sou iemand beland wat soek vir naak seuntjie?

PPS: Hierdie is nie bedoel as ‘n mediese artikel oor Gordelroos nie, dit is bloot my belewenis daarvan.

Advertisements