Sleutelwoorde

, , ,

Ek het met skok geluister wat Nataniël sê van gastehuis etiket verlede week.

As gastehuiseienaar het ons presies dieselfde probleme as dié wat verlede week op RSG bespreek is (dit lyk my dis baie universeel), en Nataniël se raad was beslis swak maniere in die gastehuisbedryf, op veral twee punte.

Groet as jy vertrek. Nataniël reken dis onnodig. Dit gaan nie soseer dat jy wil gegroet wees nie, dit gaan om blote bedagsaamheid dat jy weet die gas vertrek nou. Die feit dat iemand in sy kar klim en ry, beteken soms dat hulle ry en bv ‘n koerant gaan koop, en weer terugkom. Gaste is ongelooflik onbedagsaam oor uitgaantye, en jy as eienaar wil darem weet die eenheid is nou ontruim en daar kan skoongemaak word. Dit sou betreding van ‘n gas se privaatheid wees om in te gaan met die doel om skoon te maak as die gas bv gaan koerant koop.

Gaste is verskriklik onbedagsaam wat inkomtye betref ook. Nataniël reken dis onnodig om te laat weet as jy gaan laat inkom, of later as die afgesproke tyd. Dis mos nie ‘n hotel met 24-uur personeel nie? As jy daardie tipe diens wil hê, bespreek dan in ‘n hotel.

Dit het al meer as eenmaal gebeur dat ons kaartjies vir ‘n opvoering of konsert moes verbeur, hieroor. Of ete-afsprake kanselleer, wat ons in ‘n verleentheid gestel het, en die gasvrou ongerief aangedoen het. As ons geweet het die gaste gaan na 21:00 inkom, in plaas van 16:00 soos afgespreek, sou ons nie kaartjies gekry het nie, of ‘n ete-afspraak gemaak het nie. So uur of twee na weerskante toe is vir my aanvaarbaar, maar nie meer nie, laat weet dan tog net.

Klink my Nataniël maak homself skuldig aan hierdie twee goed, daarom dat hy sulke onbedagsaamheid as aanvaarbaar voorhou.

Advertisements