Sleutelwoorde

, , , , ,

Mens neem so maklik die kleinste dingetjies in jou lewe as vanselfsprekend aan, as jy nie daardeur geraak word nie. Ons bly lekker naby aan die see, net so vier huise (op baie klein erwe). Ek kry altyd inspirasie by die see, my gemoed lig, my bloed bruis en my chakras balanseer hulleself sommer as ek my voete in die seewater sit. Ek voel nêrens anders so één met die Universe as met my voete in die see nie. Daardie Oomblik van Ekstase – Vir my voel dit na ‘n orgasme van die siel – (Ecstasy, a trance or trance-like state in which an individual transcends normal consciousness) het ek nog net met my voete in die see beleef, en eenmaal in ‘n vliegtuig, op pad na ‘n wonderlike reis.

Nou klink dit maklik om gou voete in die see te gaan sit, dis immers twee minute se stap, maar die afgelope tyd het ek geweldige frustrasie beleef omdat ek niks vooruit kon beplan nie. Ek het onlangs geskryf oor hoe ek ‘n nare siekte beleef het, omdat daar so min inligting beskikbaar is. Ek moet ook daarby voeg, jy kan nie juis jou dag beplan nie, want jy het geen idee hoe jy more, of selfs oor ‘n uur gaan voel nie. Die ongelooflikste  tamheid kan jou tref, terwyl jy jou kamera en plakkies regkry op pad strand toe. Presies net soos ons Kaapse weer! Totaal onvoorspelbaar. So het ek die afgelope week hierdie behoefte aan Voete in die Sand gehad, maar die tye wat ek wou en kon gaan, het ek net nie die energie daarvoor gehad nie.

Vanoggend het alles net saamgewerk, die weer lyk soos vakansie, my selle se alignment voel reg, en MaanMan het soveel werk, maar hy het ‘n mandjie gepak met koffie, beskuit, yoghurt en vrugte en ons kon gou see toe stap.

MaanKind se voete is in die seesand en haar skirt se soom is sopnat. Hierdie woorde is sinoniem met my lewensuitkyk, wanneer ek dankbaar voel. Dankbaar vir my lewe, dankbaar vir my man, en dankbaar vir my gesondheid.

Thank You God

Advertisements