Sleutelwoorde

,

Vandag is Thanksgiving in Amerika. Ek wil net vir almal op hierdie blogruimte sê hoe dankbaar ek is dat julle in my lewe is. Julle is ‘n ontvlugting van ‘n somtyds onvergewensgesinde en veroordelende wêreld.

Alhoewel ek elke dag lewe met ‘n diepe dankbaarheid in my hart vir my lewe, my omgewing, my gesondheid, my man, my kinders en kleinkinders is daar tog tye wat ek nodig het om uit te reik na mense. Wat ek die behoefte voel om iets te deel. Raad te vra. Soms is ek sommer net dankbaar dat ek ‘n skouer kan wees vir iemand.

Daar is twee baie besondere ‘virtuele’ vriendinne met wie ek my donkerste geheime kan deel, wat hopelik ook soms hier lees, waarvoor ek dankbaar is.

Ek het so pas op my dogter se wall geskryf, juis omdat ek ‘n gevoel van dankbaarheid in my hart het wat ek graag wou deel. En dit geld vir alle aspekte in my lewe, ook my blog en Facebook vriende:

Have a great Thanksgiving! Ek wens ons het so ritueel gehad, pleks van die Kersfees kommersialisme.

Advertisements