Ek hou van Lig, maar die son brand my.
Alleen wees is lekker, maar moet my nie verwerp nie.
Gee my raad, maar moenie my vertel wat ek moet doen nie
Gee my asseblief al jou liefde, maar versmoor my net nooit.
Wees altyd eerlik, maar behoede my van seermaakeerlikheid – dit sny seer.
Hou van motorfietse en mal oor agterop ry, maar my hart gaan staan elke keer as ‘n kind val. Van nou af is my raad aan elke kind wat vra, en wat is oumatjie se raad vir ‘n lang en gelukkige lewe, eenvoudig om elke verdomde tweewielding op jou werf te verkoop!

Ek is skuins bemoerd vanmore van slegte drome, so ja, ek gun myself ook dan die divine dichotomy van ‘n mooi spirituele boodskap wat ontaard in stoom afblaas voor brekfis.

Posted with WordPress for BlackBerry.

Advertisements