Sleutelwoorde

, , ,

Hierdie is ‘n vinnige skrywe, want ek gaan netnou op ‘n TREP… Danksy ‘n klein komplikasietje soos vandag gediagnoseer, by name Postherpetic Neuralgia (PHN).  It is a serious complication of herpes zoster that has a predilection for older individuals. Older individuals nogal.

Verlede week moes ‘n vriendin wat Gordelroos het, noodbehandeling kry nadat sy paniekbevange geraak het en haar liggaam in een of ander adrenalien / kortisol feedbackloop gegaan het waaruit sy nie meer self kon kom nie. Sy beskryf dit op haar blog.

Na die episode het sy vir my gesê dat sy dink die emosionele komponent van gordelroos word onderbeklemtoon. Sela!

Ek het voorheen geskryf oor my belewenis van gordelroos, maar ek het ook nie regtig geskryf hoe angstig mens soms sonder rede voel nie. Die afgelope tyd het ek so lekker gehuil soos nog nooit in my lewe nie, oor hartseer goed, oor mooi goed en of dit nou lelik was of seer of lekker,  my emosies was moeilik om te hanteer of te onderdruk. Ek het een oggend in ‘n restaurant oor my kos getjank, omdat dit ‘n mooi dag in Hermanus was, en die kos lekker. Bid jou aan.

‘n Vriendin se man het weer in ‘n woedebui by die werk uitgebars, en aan die skreeu gegaan. ‘n Ander vriend van ons het weer sulke vreemde besigheidsbesluite geneem tydens emosionele sessies, sommer so in sy bakkie op die snelweg. Nog ‘n vriendin se man het haar een nag al huilend op die bank gekry, sy wou nie so aangaan, en met hierdie Dessitste Ding verder saamleef nie.

Vyf mense, vyf verskillende reaksies, almal teen die persoon se karakter in. Ek kan net vir myself praat, maar tydens so ‘n sessie, kan ek voel dat dit onnatuurlik vir my lyf is, maar kan nogtans nie help daarvoor nie.

Maar nou gaan ek eers op my TREP… Trepiline… Met lekker groot dosis van Ibuprofen daarby. Want ek pyn. En ek brand. Ek sukkel om te trap, te sit of te  lê, alles is sensitief en seer.

What is the treatment for Postherpetic Neuralgia?

Antidepressants – these help patients with postherpetic neuralgia not because the patient is depressed, but because they affect key brain chemicals, such as serotonin and norepinephrine, which influence not only depression, but also how the body interprets pain.

What are the causes of Postherpetic Neuralgia?

The nerve damage caused by shingles disrupts the proper functioning of the nerve. The faulty nerve becomes confused and sends random, chaotic (uncontrolled) pain signals to the brain, which the patient feels as a throbbing, burning pain along the nerve.

(Hierdie is nie bedoel om ‘n mediese artikel te wees nie, dis bloot hoe ek dit beleef)

Vir meer info hieroor, gaan kyk by http://gordelroos.wordpress.com

Advertisements