Sleutelwoorde

, ,

Met die honderdste herdenking van die Noorweër Roald Amundsen en die Brit Robert Scott se ekspedisies na die Suidpool, het die yswêreld van die Suidpool mense van nuuts af aangegryp. In elke koerant sien jy artikels, soos hierdie een in die afgelope naweek se By. Bileam het ons ook heengewys na Hanlie se ys-belewenis by Sanae. Vanoggend was daar ‘n gesprek op RSG oor Ysland, en die National Geographic het ook hierdie maand rare foto’s in oor die 1910 – 1912 Terra Nova Espedisie na die Suidpool.

Hou gerus Boekemakranka dop vir Ekspedisie Onvervuld – Dagboek van ‘n eensame, op ‘n Suidpool avontuur  (Dries Brunt is self ‘n deurwinterde Antarktiese ekpspedisielid).

Ek is ook soms eensaam, maar mag ek nooit eensaam midde-in ys word nie…

Ekspedisie Onvervuld is nou te koop op Amazon! Kliek op hierdie skakel.

Advertisements