Vandag was nie ‘n maklike dag nie. Vandag was ‘n wonderlike dag. Vandag het ek ontstellende nuus gekry. Vandag het ek baie goeie nuus gekry. Vandag was ek verskriklik besig. Vandag het ek heerlik ontspan. Vandag.

Dit was my status update gister. Ek het al voorheen geskryf oor lig en donker en op en af en eb en ty, en die balans in ons lewens, maar gister was regtig ‘n dag waarop ek hierdie lewenswaarheid tot die uiterste in my lewe gevoel het. Wat dit my beproef het.

Dis altyd lekkerder om goeie nuus te kry as slegte nuus, …

Tik en Delete en dink en tik weer. Herdink en hertik en weer delete. Sedert vanoggend.

Nee.

Kom ons hou dit maar by: Gister was ‘n dag van goeie nuus oor iets wat myself en ander raak, en gister was ‘n dag van bitter slegte nuus oor iets wat myself en ander ook raak. ‘n Tragiese gebeurtenis in ons dorp is op almal se lippe, maar net daardie kind sal werklik weet waarom dit nodig was. Meer tragiese nuus het binne twee minute gevolg, na die nuus oor die kind.

Terwyl ek hier tik, sê die RSG-aanbieder – Vir elke terugslag is daar hoop. Vandag klou ek ook aan daardie hoop vas.

Hoop is Liefde.

 

 

Advertisements