Sleutelwoorde

,

Of is dit? Verandering is onafwendbaar en tyd, die mens, die volmaan en die getye, die lewe en die seisoene stap meedoënloos voort. Siklusse kom en gaan, politiek verander, en tegnologie verander ons lewe op skrikwekkende maniere. Elke paar jaar maak mense reg vir nog ‘n wegraping. Alles kom en gaan. Liefde ook. Mense sweer ewige trou en skei terwyl hulle mog aan die troue afbetaal.

Nostalgie verkoop. Sentiment ook. Mense verlang terug na die romantiek van hulle kinderdae en vorige lewens, maar sien nie die hele prentjie in perspektief nie. Dinge verander! Deal with it, is my motto. Lewe nóú.

Gisteraand sien ek hierdie stukkie op Facebook: In today’s day and age, Little Red Riding Hood would have used DHL, Snowhite’s stepmother would have used Botox, Cinderella woukd have given the prince her cell number and Hansel and Gretel would have used a GPS. Einde van die storie, finish en klaar! No story, no magic.

Ek het hewig hiervan verskil. Die magic kan steeds daar wees as DHL se bestuurder die held is, die GPS  ‘n nuwe, mooier pad wat intussen gebou is aandui, en die selfoon gebruik word om ‘n liefdesboodskap SMS te stuur. Die Botox kon die nare stiefmoeder se gesig laat styfstaan dat sy nie meer kwaai kon lyk nie. A nee a, ons moet aanpas by verandering! Waar ‘n mens is, is altyd ‘n storie.

Verandering het natuurlik baie fasette.

There’s an old sea story about a ship’s Captain who inspected his sailors, and afterward told the first mate that his men smelled bad.
The Captain suggested perhaps it would help if the sailors would change underwear occasionally.
The first mate responded, “Aye, aye sir, I’ll see to it immediately!”
The first mate went straight to the sailors berth deck and announced,
“The Captain thinks you guys smell bad and wants you to change your underwear.”
He continued, ” Leo you change with Jerry, Tony you change with Bert and Bob you change with Ed.”

THE MORAL OF THE STORY:
Someone may come along and promise “Change”, but don’t count on things smelling any better.

(Kry ek nou hierdie terwyl ek ‘n website dramaties verander! En hoop dis vir die beter…)
Advertisements