Sleutelwoorde

,

‘n Baie snaakse ding het die laaste tyd gebeur. Ek is nie meer ek nie, ek het verander, ek is nou iemand anders. Ja, ons word almal ouer, en innerlik groei en verander ons, maar my uiterlike het klaarblyklik ook verander.

Eers het my een kind gesê: … maar ek kyk deur die fotos op facebook, en ek weet voor een Here dat ek na my ma se fotos kyk, maar ek herken nie die gesig nie.  mom, fotos van jou wat ek seker elke dag sien, lyk vir my vreemd vandag, asof ek skielik iemand anders in jou oe sien.  dit freak my so klein bietjie uit, maar ek is darem bly ek weet dit is my ma se foto. Ek het op daardie stadium niks snaaks gedink nie, want sy was in ‘n motorfietsongeluk en harsingskudding doen snaakse goed aan ‘n mens. Toe my ander dogter egter kla dat ek my nuwe foto’s op Facebook ge-PhotoShop het – want ek lyk soos ‘n volslae vreemdeling – het ek kriewelrig begin voel, want ek het maar net ‘n enkele plooi op my voorkop versag…

Nou vir die freaky deel. Die afgelope twee weke het drie mense wat ek goed ken en gereeld sien, my nie herken nie. Ek het gister die een gevra (ek ken haar goed en sy is vreeslik reguit), nou wat aan my is anders, toe bekyk sy my behoorlik en gee verslag:

Let me see.
(Triomfantlik) You have new glasses! – Hierdie raam is amper 4 jaar oud.
(Fronsend) You haven’t picked up weight? Noooo, still the same. (Selfde gewig al vir jare)
Your haircolour? Noooo, still the same. (Dit is)
The style changed? Noooo, still the same. (Dit verander kort-kort effens, maar nooit dramaties nie)

Sy het my bekyk van my toonnaels tot by my hare, en verklaar dat ek inderdaad presies dieselfde lyk, maar soos iemand anders.

Ek het net daarna iemand anders ook gevra, van wie ek ook reguit antwoorde kan verwag, en sy was baie beslis – Ek lyk skielik totáál anders, vandat ek nie meer helderrooi hare het nie… (Ek het in 2004 laas helderrooi hare gehad, en ek sien haar ten minste een maal elke twee weke.)

MaanMan het lekker gelag toe ek hom vertel, maar raai wat? Vanoggend het twee mense wat hy baie gereeld sien en goed ken en ons al hoeveel keer in mekaar se huise was, hom in die oë gekyk sonder om hom te herken. Eers toe hy hulle groet, het hulle hom herken. Twee insidente, minute uit mekaar.

Wat gaan aan? Is ons nou ander mense? Op ‘n ander planeet? Ek dag nog altyd we are all one, deel van mekaar? Op watter vlakke ken ons mekaar, is ons deel van mekaar? Ken ons mekaar? Ken ons onsself? Weet jy wie jy is?

We are all one – Whether you like it or no.
Inderdaad.
Ongelukkig ja.
En die ergste is, jy kan nie kies van wie jy deel wil wees nie!

Any drop of water inside my body could have been ocean, cloud, river, or spring the day before. I remind myself of this fact when the bonds of daily life squeeze too tight.

(Uit Life after death – Deepak Chopra)

Hierdie geld natuurlik ook vir grondstowwe. Yster, koolstof en alle minerale wat ons inneem, hetsy in ons kos of deur aanvullings, is ook recycled.

Stof is ons
En stof sal ons wees
Eers dan sal ons mekaar vokome ken

Advertisements