Toe ons klein was, was dit ‘n vloek.

Nou vind ek voete fassinerend. Ek gee nie om om mense se voete te vryf nie (my ousus verstaan dit glad nie, sy gril), en my eie voete is die sand is vir my lekker. My voete is vas op Moeder Aarde. Sonder ‘n toonring (wat ek aanmekaar in die see verloor) voel ek kaal. En sonder rooi toonnaels voel ek nie aangetrek nie, sommer poedelnakend. O ja, en my voete het drie nommers gegroei nadat ek skool verlaat het, alhoewel ek steeds (met bietjie sukkel) dieselfde nommer broek dra as op 16.

Noudat dit amper weer tyd is vir die Getaway show by Lourensford, dink ek weer aan verlede jaar s’n. Party mense gaan na die Getaway show toe en kyk na karavane en tente en 4 X 4 goeters.  MaanKind sit in die skaduwee en neem foto’s.

Dan is daar ook mense wat hulle troeteldiere saambring…

Advertisements