Dit is nou drie maande sedert hierdie skrywe, en is sit hier soos ‘n volgestopte worsie wat begin stoom maak soos hy hitte vang. Die PHN het beter geword, en is onder bedwang gehou deur Trepeline en 1200mg Ibuprofen per dag, maar hierdie week hier dit my weer soos ‘n voorhamer geslaan. Ek het gebrand en geprik, miljoene fyn speldeprikkies van binne af, erger as ooit. Dit het my angstig gemaak dat die naweek weer op hande is en ‘n noodoproep na my dokter gemaak. Die dierbare ding het net een vloek gegee en sy voorskrif blaadjie nader getrek. Kortisoon en ‘n baie hoë diosis anti-virale is my toebedeel vir die volgende tyd. Ek sal mense sover moontlik openbare verskynings spaar…

MaanKind

Hierdie is ‘n vinnige skrywe, want ek gaan netnou op ‘n TREP… Danksy ‘n klein komplikasietje soos vandag gediagnoseer, by name Postherpetic Neuralgia (PHN).  It is a serious complication of herpes zoster that has a predilection for older individuals. Older individuals nogal.

Verlede week moes ‘n vriendin wat Gordelroos het, noodbehandeling kry nadat sy paniekbevange geraak het en haar liggaam in een of ander adrenalien / kortisol feedbackloop gegaan het waaruit sy nie meer self kon kom nie. Sy beskryf dit op haar blog.

Na die episode het sy vir my gesê dat sy dink die emosionele komponent van gordelroos word onderbeklemtoon. Sela!

Ek het voorheen geskryf oor my belewenis van gordelroos, maar ek het ook nie regtig geskryf hoe angstig mens soms sonder rede voel nie. Die afgelope tyd het ek so lekker gehuil soos nog nooit in my lewe nie, oor hartseer goed, oor mooi goed en…

View original post 306 more words

Advertisements