Sleutelwoorde

, , , ,

My naam is MaanKind en ek is lief vir die man in die maan
*Hallo MaanKind*

Vanaand lyk sy so hier van my balkon af.

Enige mens kan Google oor die Maan, maar daar is net iets omtrent die maan wat my net so effens besitlik maak daaroor. Die Maan beïnvloed my buie, en bring ‘n diep verlange in my hart. Na myself, my eie siel. Daar is ‘n eensaamheid binne-in my, ‘n dors wat net ek kan les.

Toe Ballyhoo se treffer Man in the Moon die trefferslyste gehaal het in die 80’s, was dit lank nie die laaste wat hierdie in my huis gespeel het nie.

My klippe spoel ek in soutwater af as die maan vol is, en ek laat my kristalle buite om die maanstrale op te vang.

Die siklusse van die lewe en die aarde is nêrens so duidelik soos hier by die see waar die maan die getye bepaal nie.

Daar word gesê dat ons ‘n Super Moon het wanneer die maan die dag die naaste aan die aarde is, en dit met volmaan saamval. Ons het laas in 2005 ‘n Super Moon gehad, en toe weer in Maart 2011.

Super Moon 26 Augustus 2005
Hurricane Katrina peak 28 Augustus 2005
Kleinmond se stormsee verwoes kuswandelpad 27 Augustus 2005

Ons het jare gelede een aand 23:00 ‘n MoonBow gesien. Dit is ‘n volkleur reënboog, in die nag. Ek het dit met my eie oë gesien, en dis absolute magic!

Een van die mooiste volmane het saamgeval met ‘n tragedie, toe Kleinmond se berge so onbeheersd gebrand het. So het die vuurbal voor my kamervenster gelyk. Die vroue wat so dans, was in die vorm van Mirteblaartjies .

Volmaan. My Maan.

Advertisements