Sleutelwoorde

, , ,

Wie kan nog onthou wat het Veertjies, Earbuds, Rafeltjies en Lewensbloed in gemeen?

So het ek ‘n hierdie week ‘n baie vreemde ervaring met vere en met bloed gehad. Lewensbloed. Boodskapbloed.

Ek wou nou nie uitbasuin dat ek hierdie week weer ‘n slegte terugslag gehad het met die gordelroos en nou lekker volrond hier sit van al die kortisoon wat in my lyf geprop  is nie, maar gister se ervaring het my nogal in my spore gestuit, en ek wéét my paadjie is na gesondword uigeplavei . Die agtergrond is dat ek eergister op ons trap gegly het, en my arm nogal sleg teen die trapreling geskaaf/kneus het. Julle ken mos daardie brandskaaf, waar die bloed net-net wil deursypel en jy sommer kan voel hier kom ‘n lekker blou kol.

Gisteroggend vroeg bel ‘n baie goeie vriendin wat ‘toevalling’ in die Healing besigheid is (vir wie ek nie vertel het van hoe siek en seer ek regtig voel nie) en vra, Hoe gaan dit vanoggend met die seer lyf? Sy het bloot in die nag wakkergeword met die wete, en ook die boodskap gekry dat hierdie gordelroos wat my so treiter, die manifestasie is van ‘n vorige lewe se baie diep emosionele wonde, en dat daar iets is wat ek moet leer.

Terug dan na my skaafwond. Gister kyk ek die kolletjie so, wat binne ‘n dag baie gevoelig, maar amper onsigbaar is. Gaan daar mos ‘n liggie in my kop aan: Ek moet leer om nie so na binne te kneus nie, ek kan gerus maar my scars na buite wys. Terwyl ek nog so staan en kyk na my binne-arm, sien ek ‘n kolletjie op ‘n matjie onder die ketel, en was nog verwonderd dat MaanMan se skerp oog die koffiekolletjie kon mis. En toe. Toe is als taai. En rooi. En vol bloed. Een helse gemors, oor die kas, die ketel, die koord, my BlackBerry, en dit stroom teen my hand af, oor my arm en in my ander hand in. ‘n Snytjie waar ‘n groentemessie my vinger twee dae vantevore geraps het, het spontaan oopgegaan, en meer gebloei as toe ek my raakgesny het. Lewensbloed. Wat my al geruime tyd wou waarsku, en ek Vra en Vra, maar kon nie uitwerk wat dit beteken nie.

Ek hoef nie so na binne te kneus nie, ek kan gerus maar my scars na buite wys. So eenvoudig.

“Out of suffering have emerged the strongest souls; the most massive characters are seared with scars.”
― Kahlil Gibran

Advertisements