Deurmekaar
Klein Pietie Muis
Besig
Seesand
Klein Pietie Muis
Wasgoed
Rondry
Laaste vrieskas-kreef
Klein Pietie Muis
Goue sterre, stempels en uitknipseltjies
Pienk beltjie, pienk blomme, pienk skoene, pienk handsakkies, pienk pantiekies
Nee, Ouma, ek whul nie…
Ja, ons moet haartjies was
Klein Pietie Muis
Nee dis nog te warm om see toe te gaan
Ek wil jou jaaaalp, Ouma!
Ek kan sjaaaaalf, Ouma

Flouval in die bed, want more gaan ons piekniek hou in die Botaniese tuin by die waterval, en dan gaan ons pikkewyne kyk.

Die dapper vierjarige kuier sonder mamma en pappa by ouma en oupa, sy het saam met haar ander ouma gevlieg. Sy het so ‘n goeie geheue vir detail, dat ek net hoop en vertrou dat die vakansies by ouma en oupa by die see goeie herinneringe vir haar sal wees eendag. Dat sy ons met liefde sal onthou.

Advertisements