Sleutelwoorde

Mag hierdie woorde waar wees! Ek is nederig dankbaar vir al my vriende en familie se support die afgelope maande, dat julle my klagtes so simpatiek aangehoor het. Verduur en verdra het. Julle was seker menige dae moedeloos of geïrriteerd of gefrustreerd as ek nie kon doen wat ek moes of wou nie. Arme MaanMan was so geduldig soos wat ek hom nie ken nie. Die voordeel is dat daar nou patrone vasgelê is van hoe lekker ek bederf is, en hy is deur die genade mos ‘n koppige man, wat nie hou van verandering nie, die bederf gaan dus aan. (Toe ek nou die aand 23:00 lus was vir Marie beskuitjies, het hy aangebied om uit die bed te klim, en trap-af te gaan om vir my te gaan haal…) Maar hoor my lied! Hierdie dessitste ding wat ek nie meer op sy naam wil aanspreek nie, omdat dit waarskynklik ‘n sekere energie daaraan sou gee, se dae is getel, en ek voel hom afsterwe.

Ek het voorheen mos vertel hoe ek konflik ervaar om muskiete en plantluise dood te moor, maar oor die Varicella Zoster virus ervaar ek absoluut geen konflik nie, hoe vinniger hy vrek hoe beter. Ja, sommer vrek!

Dit voel nou nie meer vir my dis die regte plek om verder daaroor op my blog te skryf nie, want mense begin my reeds assosieer daarmee, as ek moet oordeel aan die hoeveelheid briefies wat ek daaroor kry. Daarom het ek ‘n aparte blog geskep waar en al die inligting bymekaar gesit het, ook hoe dit gebeur het dat daar so dramatiese ommeswaai gekom het.

Dankbaar die uwe
Oor en uit
Sela
Sortie

Advertisements