Sleutelwoorde

, ,

Vandag het ek amptelik boeke begin minder maak, op verskillende maniere. Party word net herversprei na ander boekrakke in ons gastewoonstelle (party word daar gelees, party gesteel, en party geruil vir ‘n boek wat hulle weer klaar gelees het), maar ek het ook  ‘n paar van die nuwer Afrikaanse boeke vir iemand wie al haar boeke verloor het toe haar huis afgebrand het, gepos. Boeke is nie heilig nie. Boeke moet eerder gaan waar dit gelees word. Ek het te veel boeke, meeste het ek klaar gelees en dit moet eerder uitgedeel word as wat dit stof vergader. En stofmyte, vismotte, of muf hier by die see. So skiet my, maar dis hoe ek voel.

Wat wel vir my heilig is, is die rol wat die skrywer speel om ‘n boodskap te bring, aan dié wat dit nodig het. En dit wat ek leer deur dit te lees, of dit bloot is om te ontspan, kennis te versamel, met karakters te assosieer, en die kleinste lewenslessies raak te sien in selfs die ligste leestof. Dit ja, dit is vir my heilig. Die boek self is net die instrument wat die boodskap dra.

Dis dieselfde met e-Boeke. Die Kindle of Gobi of iPad is nie heilig nie, dit gaan oor die woorde of die emosies of dit wat die woorde aan jou siel doen wanneer jy lees. Of nie?

Van e-Boeke gepraat, Boekemakranka is baie opgewonde oor twee nuwe boeke wat binnekort verskyn as e-Boeke op Amazon:
Naakstudie van ‘n Boeremeisie – Marlene Jordaan (Digbundel)
Spel met die Dood – Dries Brunt

Intussen is daar ‘n hele klomp e-Boeke om te geniet, oa van Boekemakranka se topverkopers Rika du Plessis en Adele Reynders.  Gebruik sommer hierdie maklike skakel om na al Boekemakranka se boeke op Amazon te gaan kyk!

Lekker lees die naweek!

Advertisements