Sleutelwoorde

, , , ,

Die vraag op my status update op Facebook vanoggend was ‘n dom vraag, want ek het ook begrip vir die ander kant.

My vraag was: Hoe verduidelik ek aan iemand wat niks weet van Christenskap dat vandag die grootste dag vir Christene is en nie Maandag nie?

‘n Goeie vriendin vra my toe ewe diskreet, hoe versoen jy Christenskap met reinkarnasie? Of is dit onversoenbaar? (Dankie, so kon ek dink daaroor.)

Ek glo in Jesus as die heel grootste profeet, aan die regterhand van God, wat so ver gevorderd is dat sy heel laaste inkarnasie gewy is aan die grootste offer wat hy in die openbaar kon bring, sy lewe as simbool van vergifnis en verlossing het hy vir ons gegee. En sy opstanding sien ek as die simbool van die ewige siklus van lewe en dood.

Daarom was my vraag dom, en begryp ek totaal dat iemand wat nie ‘n tradisionele Christen is nie (ek is ook nie) nie kan begryp dat mense ‘n hartseerdag van uiterste pyn en lyding kan vier nie, maar eerder ‘n dag van nuwe lewe, nuwe hoop.

Wat ook al jou sieninge, wat ook al jou geloof, sal ek dan hou by my eerste status update van vanoggend: Die see raas bo die gewaai van die Noordwester uit. Daar is onrus in die lug en ‘n frantiese gejaag na vakansiebestemmmings. Al wat ek vra is VREDE in elke hart. In jou hart, en in myne. Dankbaarheid vir wie ons is en wat ons het. Lekker naweek!

 

Advertisements