Wat is Genade?

Genade is baie dinge. Genade is Huggies vir nuwe mammas, en dié wat nog lapdoeke moes was, sal verstaan.

Genade is internet, selfone en BlackBerries. Skottelgoedwassers, wasmasjiene, tuimeldroërs.

Genade is ‘n onverwagse bui reën om bloedige somerhitte te breek

Genade is ook inspirasie van mense wat sterker is as jy.

Elke mens kry klein Genades elke dag. Wat vir een mens net ‘n vlindervlerk in die wind is, is vir iemand anders die wind waarmee sy seile vaar. Sy Genade.

Genade is dat ons nog altyd kon keuses maak wat goed uitgewerk het. Soos die tema van die fliek The best exotic Marigold Hotel: Everything will be all right in the end… if it’s not all right then it’s not the end.

Genade is ook dat mense altyd weet wat hulle lewenspaadjie inhou, diep in hulle harte weet hulle op sielsvlak wanneer dit tyd is. ‘n Vriendin wat op ‘verre paaie’ dood is op pad na die geboorte van haar kleinkind, het ‘n gedig geskryf: ‘n Laaste groet.

‘n Laaste groet
Cheers vir jou as jy op verre vreemde paaie ry.
omhels ‘n bottel parmantige Rosè
en sê cheers op genadige dae; mis my!
( ‘La vie en rose’ – diè lewe is jy.)

Lees meer oor die skrywer en digter hier:  Christa Jonker-Jordaan

Genade onbeskryflik groot.

Advertisements