Sleutelwoorde

, , ,

Die MaanMense reis graag, en binnekort vat ons die pad …  ag ek bedoel die lug San Francisco toe vir ‘n paar weke. Dan gaan ek bietjie van die lug … ag ek bedoel die blogs af wees vir ‘n tyd. Ek sal julle dus nie kan vergas met ‘n reisverhaaltjie wat ons tradisioneel doen as een van ons verjaar nie. Sommer sulke lekker dagritte, of ‘n nag of twee wegslaap. Ek vermoed wel julle gaan tot vervelens toe hoor van toe ons vir Brad Pitt in Los Angeles gesien het, of toe ons in Las Vegas was, of toe ons by die Grand Canyon … Julle kry die prentjie, want ons gaan op ‘n roadtrip van amper 2000 myl daar.

Eksotiese bestemmings of nie, dis vir ons net so lekker om plaaslik te ry, soos wat ons gedoen het verlede jaar ongeveer hierdie tyd, om MaanMan se 60e te vier.

Tradisioneel gebruik ons ‘n soetigheidjie vroeg-vroeg as ons die pad vat, en hierdie keer het ons rede gehad om te klink!

   

Die weer was lieflik mistig, en tekens van reën was oral. Die rivier was bo- oor die brug van die Breërivier, maar ons is daaroor net toe die pad gesluit word. Ons het nog nooit so baie watervalle in die Du Toit’s kloof pas gesien nie!

   

Lê in Die Bad in die binnehof met natuurlike warm water direk uit die berg (43 grade) met die berg hier teen jou, luister na die voëltjies en kyk na die sterre. MAGIC! Daar is ook borrelbaddens, en ‘n swembad waar die stoom so staan.

   

Hier het ons gebly, met die uitsig

   

Stap ‘n entjie, langs ‘n stroom met warm water, wat natuurlike rotspoele vorm.

Oral waar ons gery het was dit herfs! ‘n Sensasie vir die sinne. Die reuk van nat grond, die kleurespel, en die papier-agtige ritsel van die blare

Die uitsig van die Versveldpas (By Piketberg, en dit word nie eers op die kaart aangedui nie!)

Dan het ons ook elke klein plekkie ingery, soos Koringberg was ‘n lekker verrassing, met vriendelike mense. In Eendekuil weer, lewe die mense privaat, dis hulle democretic right. Die tannie wat daar woon is ook kwaai.

Meer foto’s is te sien in my Facebook album

Advertisements