Vliegkaartjies √
Paspoorte √
$’s √
Bene wax √
Presente √
Pakke chutney cips √
Ekstra geheuestokkies en kaarte √
En
En
En

My senuwees begin nou bietjie knaag, ek hoop ek is so ongeveer op datum met alles wat ek wou klaarmaak. Daar is soveel goed wat ek bêre vir die laaste nippertjie, om op vakansie die minste te sukkel, soos bene wax en toonnaels verf. Kindle charge, en als wat aan ‘n tou hang moet gekoppel word aan iets waar krag deurkom. MaanMan se broer en sy vrou is in beheer van Casa Maan vir die volgende drie weke, en moet ook nou aan als en almal voorgestel word, vriende pop in om te groet en as ek dag dis 2 uur is dit 5 uur.

Beide van ons is ongelooflik opgewonde. Nietemin is dit amper soos om te voel jy kraam nou more…

Twee slapies…. Ek sukkel bietjie om uit te werk presies hoe lank gaan ons vlieg oor al die tydsones in van CT > Dubai > San Francisco. Ons vlieg die toekoms in, maar agtertoe in tyd! So gaan ons ry:

Wees gegroet, gedra julle, en ek kom skryf weer in by al julle blogs as ons terug!

Advertisements